The Prodigal Daughter Podcast

Kain se hart

Nicole Viljoen Season 1 Episode 40

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 28:09

Let me know your thoughts!

Ons ken Kain as die “bose broer” — die een wat uit jaloesie vir Abel vermoor het. Maar wat as daar iets dieper in sy hart aangegaan het?

In hierdie episode van The Prodigal Daughter Podcast kyk ons na Kain se hart vanuit ’n ander hoek: nie net as ’n bose hart nie, maar as ’n moontlik transaksionele hart — ’n hart wat gee, aanbid en gehoorsaam met ’n verwagting dat God iets in ruil moet doen.

Wat gebeur met jou geloof wanneer die gebed nie beantwoord word nie? Wanneer die deurbraak nie kom nie? Wanneer iemand anders ontvang waarvoor jy al lank wag?

Deur Genesis 4 en ander Skrifgedeeltes vra ons ongemaklike, eerlike vrae oor jaloesie, teleurstelling, motiewe, gehoorsaamheid en ware oorgawe.

Is jou geloof gebaseer op wat God vir jou doen — of op wie Hy is?

Luister na Kain se Hart en laat die Heilige Gees jou eie hart ondersoek.