Luttig se Lens
Welkom by Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.
My naam is Daniël Luttig, en ek is ’n Kliniese Sielkundige in die Noordelike voorstede van die Kaap. Elke episode gesels ek met ’n gas oor ’n kwessie wat vir my interessant is, wat alledaags in ons samelewing voorkom, maar wat ook daadwerklik ‘n impak op mense se lewens kan maak. Saam bespreek ons die onderwerp en probeer maniere vind om ons gedagtes te ontwikkel en te navigeer.
**Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.
Luttig se Lens
Die stand van videospeletjies (deel 2)
Welkom by nog ’n episode van Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.
Het jy geweet Neil Sandilands, a.k.a. Bart van 7de Laan, was 'n stem-akteur in Metal Gear Solid V: The Phantom Pain? Het jy al gewonder hoe jou sielkundige kant in videospeletjies geprojekteer word? Luister in hierdie opvolg-episode hoe ek en Ben gesels oor die volgende sake in die videospeletjie-industrie:
- 01:20 Remakes en remasters
- 07:48 Nostalgiese neigings: hunkering en verlange na die games van ouds
- 10:56 DLC en microtransactions
- 16:27 Indie games
- 30:00 Die versmelting van videospeletjies as 'n kunsmedium met ons psige
- 39:18 Comic Con Kaapstad (Mei 2025): plaaslike industrie, esports en die pad vorentoe
Dink en gesels graag saam met ons!
Hierdie episode is opgeneem op 4 Mei 2025.
*Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen terapeutiese verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.
Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/