Luttig se Lens
Welkom by Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.
My naam is Daniël Luttig, en ek is ’n Kliniese Sielkundige in die Noordelike voorstede van die Kaap. Elke episode gesels ek met ’n gas oor ’n kwessie wat vir my interessant is, wat alledaags in ons samelewing voorkom, maar wat ook daadwerklik ‘n impak op mense se lewens kan maak. Saam bespreek ons die onderwerp en probeer maniere vind om ons gedagtes te ontwikkel en te navigeer.
**Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.
Luttig se Lens
Sartre se staar
Het jy al ooit gewonder hoekom jy self-bewus word wanneer jy vermoed iemand "staar" na jou? In die nuutste aflewering van my nuwe podsending bespreek ek en Francois Liebenberg, ook 'n kliniese sielkundige in privaatpraktyk, die filosofiese beginsels agter hierdie verskynsel asook hoe dit sielkundig manifesteer. Die onderwerpe vir ons gesprek:
- 02:15 Konsep van die "staar" / "the gaze"
- 04:52 Impak op ons psige: sosiale angs, Jung se skadu en projektering, emosionele regulering, die virtuele staar, outentiekheid, aanvaarding, verdedigingsmeganismes en die koste van "managed perceptions", inperking en vryheid
- 30:08 Die mag van jou blik op ander en die impak van terapie
- 34:42 Kan ons die staar ontsnap?
Dink en gesels graag saam met ons!
Dr. Ed Tronick se "still face" eksperiment: https://www.youtube.com/watch?v=FaiXi8KyzOQ
Hierdie podsending-episode is moontlik gemaak in samewerking met die Daniël Luttig Kliniese Sielkunde Inc.-praktyk (https://www.danielluttigpsychology.co.za/ & Instagram).
*Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen terapeutiese verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.
Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/