Luttig se Lens

Selfsorg: Wat bemoeilik dit?

Daniël "DF" Luttig Episode 6

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 33:36

Ons leef in ’n tyd waar almal oor selfsorg praat. Ons ken die taal. Ons ken die tegnieke. Rus. Grense. Balans. Tog bly stres hoog, uitbranding algemeen, en selfsorg iets wat ons uitstel, of meganies, sonder oortuiging probeer. So miskien is die werklike vraag nie "wat is selfsorg?" nie… maar eerder: "As ons almal weet wat om te doen wat maak dit so moeilik om dit werklik te beoefen?" In hierdie episode ondersoek ek saam met twee kliniese sielkundiges, Francois Liebenberg en Roslyn Jantjies, hoe die ritme van ons samelewing, tesame met ons innerlike konflik, daartoe lei dat ons nie meer teenwoordigheid met ons self skep en die vraag vra, “maar wat het ek nodig?" nie. Ek hoop jy luister lekker saam.

  1. 01:30 Erkenning van die paradoks 
  2. 02:22 Selfsorg as 'n psigiese uitdaging 
  3. 04:10 Analogie van die geyser 
  4. 07:31 Selfsorg vs selfsug
  5. 09:12 Identiteit en selfwaarde
  6. 18:02 Innerlike selfsorg
  7. 23:20 Toestemming
  8. 24:36 Luister: "to-do" vs "to-be"
  9. 30:57 Nuuskierigheid vs selfkritiek

Dink en gesels graag saam met ons!

Hierdie podsending-episode is moontlik gemaak in samewerking met die Daniël Luttig Kliniese Sielkunde Inc.-praktyk (https://www.danielluttigpsychology.co.za/ & Instagram).

*Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen terapeutiese verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.

Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/