
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Neem Die Druk Af
Hebreërs 4:1,2 Terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog van krag is, moet ons oppas dat dit nie miskien later blyk dat een van julle agtergebly het nie. Ons het die blye boodskap ontvang net soos hulle, maar hoewel hulle die prediking gehoor het, het dit hulle niks gebaat nie, omdat hulle nie geglo het wat hulle gehoor het nie.
Het jy al ooit gewonder hoekom daar soveel moeilikheid in hierdie wêreld van ons is? Hoekom is mense so kwaad? Waar kom al hierdie woede vandaan? Hoekom skree en raas almal? Waarom, inderdaad!
Een van my gunsteling vakke op skool was fisika. En een van die dinge wat jy leer, is dat wanneer jy hitte deur 'n gasvlam op 'n verseëlde houer toepas, jy die druk verhoog. Die hitte veroorsaak nou dat die gas molekules al vinniger rondvlieg en dit verhoog die aantal kere waarmee hulle teen mekaar en teen die wande van die houer bots, dramaties.
As jy lank genoeg aanhou om die hitte toe te pas, sal dit uiteindelik letterlik, die deksel afblaas. Ek wonder of dit nie presies is wat vandag in ons wêreld gebeur nie. Soveel druk, soveel argumente ... die deksel het afgeblaas!
God het belowe om die druk af te neem, Hy het ons sy vrede en sy rus belowe, maar te veel mense het dit verwerp.
Hebreërs 4:1,2 Terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog van krag is, moet ons oppas dat dit nie miskien later blyk dat een van julle agtergebly het nie. Ons het die blye boodskap ontvang net soos hulle, maar hoewel hulle die prediking gehoor het, het dit hulle niks gebaat nie, omdat hulle nie geglo het wat hulle gehoor het nie.
So baie mense, inderwaarheid die meeste, het die Goeie Nuus van Jesus verwerp. Kyk om jou rond. Hoe goed werk dit in hierdie dierbare wêreld van ons? Wil jy die druk van jou lewe afneem? Aanvaar sy boodskap, kom nader aan Jesus, gaan sy plek van rus binne.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.