
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Onsigbaar Wees Nie
Filippense 2:14-15 Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ’n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre. (NLV)
Hou jy daarvan om uit te staan in ‘n skare en raakgesien te word, of sal jy eerder net op die agtergrond bly? Dit is 'n interessante vraag, want dikwels wil jy eers die kat uit die boom kyk. Dit hang ook af van hoe jy daardie spesifieke dag voel en in watter bui jy is.
Ek het onlangs na ‘n program van die bekende sielkundige, Jordan Peterson, op YouTube gekyk waarin hy gesê het: Mense wil nie eintlik slaag nie, hulle wil net nie misluk nie. Hulle mik nie om gelukkig te wees nie, hulle wil net nie ly nie. Hulle bly dus in die middel van die trop. Hulle wil onsigbaar wees en alleen gelaat word.
Dit mag dalk so wees, maar elke nou en dan wil ons almal erkenning geniet en waardeer word. Is dit trots? Is dit verkeerd? ... of is dit net 'n normale deel van menswees?
Dit lyk asof sommige mense wil spog en ons weet almal hoe lelik dit is. Ander wil inderdaad wegkruip en onsigbaar wees, maar weet jy, dit beteken dat die res van ons dikwels die kosbare bydrae hulle kan bied, misloop. Hoe kry jy daardie balans reg?
Filippense 2:14-15 Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ’n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre. (NLV)
Ons is inderdaad omring deur heeltemal te veel mense wat die hele tyd hulle eie beuel blaas. Maar my liewe vriend, moenie toelaat dat dit jou intimideer en laat onttrek totdat jy onsigbaar is nie. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.