God se Woord VARS vir jou Vandag

Wat ook al, Wanneer ook al, Waar ook al

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2984

Send us a text

1 Petrus 4:10-11 Derdens: God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei. Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat. Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word deur dit wat Jesus Christus moontlik gemaak het. Aan Hom behoort alle heerlikheid en krag tot in alle ewigheid! Amen. (NLV) 

Dit is nie maklik om altyd die regte ding te doen nie. Om teen die stroom te swem, is harde werk. Jy wil net opgee, in 'n klein balletjie opkrul en wegkruip vir die wêreld.

Ons het almal rus nodig, dis verseker; ‘n tydjie om net op ons eie te wees; weg van die druk en gewoel en gewerskaf van die daaglikse lewe. Geen e-pos, geen boodskappe, geen telefoonoproepe, net rus; hoe klink dit? Hemels nè?

Maar die gevaar lê in die versoeking om heeltemal te onttrek. Ek verdien my rus. Los my net uit! Ek het lank genoeg na ander se pype gedans. Ek het genoeg opgeoffer. Maar as jy onttrek, hou jy op om jou Godgegewe gawes en vermoëns te gebruik om ander te help, te seën en aan te moedig.

Miskien voel jy vandag 'n bietjie uitgebrand, so laat ek jou aanmoedig; laat ek jou bemagtig; laat ek jou so ‘n hupstootjie gee -  nie deur enigiets slims wat ek dalk kan sê nie, maar deur die lewende Woord van God.

1 Petrus 4:10-11 Derdens: God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei. Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat. Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word deur dit wat Jesus Christus moontlik gemaak het. Aan Hom behoort alle heerlikheid en krag tot in alle ewigheid! Amen. (NLV)

Wat is jou talent? Wat is daardie idee, daardie vlammetjie wat God in jou hart geplaas het? Hy kan dit neem en kragtig gebruik. Wees gehoorsaam, wees oop, wees beskikbaar vir God, met ‘n bereidheid om te gaan en te doen wat God van jou vra. Want die res van ons het jou werklik nodig.

Gebruik enige gawe wat Hy vir jou gegee het op 'n manier wat ander die beste sal dien.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY