God se Woord VARS vir jou Vandag

Wanneer Jy Sukkel Om te Bid

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2986

Send us a text

Romeine 8:26-27 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. 

Navorsing toon dat ten minste 'n miljard mense tydens die afgelope maand wêreldwyd gebid het. Nouja, die statistieke vertel ons nie vir wie hulle gebid het, of waaroor hulle gebid het nie, bloot dát hulle inderdaad gebid het.

Die Pew Research Centre berig dat 55% van Amerikaanse volwassenes in die afgelope 30 dae gebid het. In die Verenigde Koninkryk het byna die helfte van die bevolking ten minste een keer in hul lewe gebid en 28% van hulle het gedurende die afgelope maand gebid. In China beskou net sowat 16% van mense hulself as "godsdienstig" (wat dit ook al beteken), maar 16% van 1,4 miljard is steeds meer as tweehonderd-en-vyftig miljoen mense!

Jy verstaan seker waarheen ek op pad is: So, as jy tydens die afgelope 30 dae gebid het, is jy nie die enigste een in hierdie wêreld nie.

En weet jy, al wil ons dit nie erken nie, word gebed so dikwels afgeskeep wanneer dinge swaar begin gaan. Baie van die groot helde van die Christelike geloof – Martin Luther, Charles Spurgeon, Moeder Theresa, C.S. Lewis, Watchman Nee – het geskryf van tye van geestelike droogte; tye toe hulle gevoel het dat God hulle verlaat het; tye wat hulle gesukkel het om te bid.

So dink jy dat God dit nie weet nie? Natuurlik weet Hy. Hy ken ons swaarkry en ons beperkings …

Romeine 8:26-27 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.

So, die volgende keer wanneer jy sukkel om te bid, onthou, jy is in goeie geselskap. Sit stil, fokus op God … en Hy sal jou antwoord.

Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY