God se Woord VARS vir jou Vandag

Dink Mooi oor jou Besteding

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2987

Send us a text

Filippense 4:11-12 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. (NLV) 

Goed, vandag is die dag wat ek ‘n moeilike en teer sakie gaan aanraak... Hoe spandeer jy jou geld? Belangriker nog, watter kriteria pas jy toe om óf die goedkoper; óf die duurder item te kies; óf hoe word jy beïnvloed deur daardie onnodige item wat vir jou skree … “koop my!”

As jou finansies iewers tussen boomskraap en krities is, is die antwoord redelik eenvoudig – jy koop net wat jy moet. Maar selfs dan is die versoeking nog steeds baie groot om geld onoordeelkundig uit te gee en nie genoeg oor te hou vir die noodsaaklikhede nie.

Te oordeel aan die snuisterye en gemors wat in enige digitale of fisiese winkelsentrum beskikbaar is, is die probleem dat baie van diegene wat 'n bietjie beter daaraan toe is, dat hulle geen diskresie aan die dag lê nie. Hulle ... koop en versamel en huur dan stoorfasiliteite vir hul oortollige rommel.

Miskien is dit tyd om jou besteding te heroorweeg. Die apostel Paulus, wat in 'n Romeinse kerker op sy doodsvonnis gesit en wag het, het dit geskryf:

Filippense 4:11,12 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. (NLV)

Sien jy, Paulus se tevredenheid was nie deur sy besittings bepaal nie, maar deur God self!

Waarop spandeer jy jou geld? Hoekom spandeer jy dit? Het jy regtig daardie 'ding' nodig? Regtig? Wat dit ook al is, hoeveel dit ook al kos, dit sal jou nooit die tevredenheid en die vervulling waarna jy soek, bring nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY