
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Trots Word Nie
2 Kronieke 26:15-16 Hy (Ussia) het in Jerusalem bedrewe manne gehad wat uitvindsels gemaak het waarmee pyle en groot klippe bo van die torings en die hoeke van die muur af geskiet kon word. Sy roem het ver en wyd versprei, want hy het wonderlike hulp ontvang en het só baie magtig geword. Maar toe hy magtig geword het, het hy ook hoogmoedig geword. Dit het tot sy ondergang gelei. Hy het teen die Here sy God gesondig deur in die tempel van die Here te gaan en self wierook op die altaar te brand.
Sukses kan 'n snaakse ding wees. Natuurlik wil ons almal suksesvol wees in wat ons doen. Niemand begin 'n onderneming – groot of klein – met die uitdruklike doel om te misluk nie. En tog kan te veel sukses 'n gevaarlike ding wees.
Enige onderneming wat jy aanpak, verg moeite. Daar is risiko's wat geneem moet word, besluite wat geneem moet word, maar daar is ook geleenthede om hier of daar kortpaaie te neem, om te kul, om te lieg. Ek is seker jy weet ook hoe hierdie dinge werk. Maar weet jy, as jy dit regkry om daardie versoekings te weerstaan, staan jy ‘n baie goeie kans om ten minste 'n mate van sukses in jou gekose veld te behaal.
En as jy sukses behaal, stroom die mense na jou toe. Hulle wil jou almal op die skouer klop, saam met jou in die kollig wees, in jou sukses deel. O, en laat dit jou nie wonderlik goed voel om daardie aanbidding en lof te ontvang nie?
In werklikheid is dit egter daardie oomblik, net dáár op die toppunt van sukses, wat die gevaarlikste is. Vra maar vir koning Ussia van Israel …
2 Kronieke 26:15-16 Hy het in Jerusalem bedrewe manne gehad wat uitvindsels gemaak het waarmee pyle en groot klippe bo van die torings en die hoeke van die muur af geskiet kon word. Sy roem het ver en wyd versprei, want hy het wonderlike hulp ontvang en het só baie magtig geword. Maar toe hy magtig geword het, het hy ook hoogmoedig geword. Dit het tot sy ondergang gelei. Hy het teen die Here sy God gesondig deur in die tempel van die Here te gaan en self wierook op die altaar te brand
Soos Vance Havner, die twintigste eeuse Amerikaanse prediker dit gestel het, as die duiwel jou nie kan laat val nie, sal hy jou laat skyn. Moenie te blink word nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.