God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Augustus nuusbrief
Die teks inhoud is beskikbaar in die "transcript" en ook beskikbaar in PDF hier.
Goeiemôre aan al ons potgooivriende!
Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Augustus nuus!
Dit was ‘n groot voorreg en seën om vir Berni Dymet en CraigCoverdale, Christianityworks se nuwe hoof uitvoerende beampte, hier in Suid-Afrika te hê. Dit was ‘n baie besige en uiters produktiewe paar dae: hulle was in Johannesburg, Pretoria, Durban en Kaapstad, en het ook kwaliteit tyd saam met ons Suid-Afrikaanse span deurgebring. Hulle het ook die voorreg gehad om ‘n paar van ons uitsaaivennote: Impact Radio, TBN, Radio Kansel, Good News Community Radio, CCFM 107 en Joy Magazine te besoek. Dit was vir hulle ‘n hoogtepunt om van ons ondersteuners vir Ontbyt in Kaapstad te ontmoet.
Berni en Craig het ook die Association of Christian Media konferensie bygewoon. Ons is baie dankbaar (en trots!) om te kan sê dat Christianityworks SA by dié geleentheid ‘n toekenning vir ons bydrae tydens die afgelope jaar tot die Christelike Media, ontvang het! Ons gee al die eer aan die Here en dankie vir Dave Hotchkiss, die leier van Christianityworks in Suid Afrika, sonder wie hierdie mylpaal nie moontlik sou gewees het nie.
Hier is ‘n briefie van een van ons getroue intekenaars wat na aanleiding van die dagstukkie: Wag Geduldig op 13 Augustus, net eer aan die Here wil gee. Sy het vroeg in die jaar ‘n gebedsversoek aan Christianityworks se skakel: PowerfulPrayer.orggestuur. Hulle het dit op hulle beurt aan ons Afrikaanse-gebedspan gestuur. Ons het gereeld vir haar omstandighede en nood om werk te kry, gebid. En ons juig saam met haar oor hierdie wonderwerk, want
Matteus 18:19,20 Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”
Verona sê:
“Ek wil net deel dat ek werk gekry het by ‘n Private Wildsplaas. Alle dank en eer aan die Here! Nie net geniet ek die stilte en die natuur nie, maar ek sien dinge waarvoor ander mense moet betaal om dit te kan sien! Vir ‘n jaar het ek gewag in die vaste hoop op God. Ek bely dat ek ook soms met baie vrees en bekommernis in gebed na Hom gegaan het, maar hier kom God skielik deur vir my. Ek word omtrent bederf met sy wonderbaarlike Skepping, wat Hy my verniet laat geniet.
Baie dankie vir julle gebede
Baie liefde
Verona”
Hier is nog twee boodskappe van ons luisteraars:
Rienie sê: Baie, baie dankie ! Ek het my VARS-boodskap ontvang, dis só kosbaar vir my, ek waardeer dit opreg. Baie dankie.
Baie seën op julle goeie werk
Jack sê:
My pad met die Here het op ‘n wonderlike manier begin. Ek is ‘n busdrywer en my lewe was in ‘n doodloopstraat. My huwelik was besig om uitmekaar te val en ek was in ‘n desperate situasie. Een reënerige aand terwyl ek in die bus gesit en wag het, het ek my motorradio aangeskakel en Berni se boodskap van die Verlossing van Jesus Christus gehoor. Dit het my diep geraak en my lewe vir ewig verander. Dit het my grootste behoefte geword om die Goeie Nuus met ander te deel en dis wat ek nou doen!
Ja, daar is soveel mense wat nog nooit die Goeie Nuus van ons Here Jesus gehoor het nie. En die vrygewigheid van vriende en ondersteuners van Christianityworks wat finansieel bydra het dit moontlik gemaak vir Jack om te hoor. Daar is soveel meer "Jacks" daar buite wat van Jesus moet hoor. Bid asseblief saam met ons dat die Suid-Afrikaanse bediening van Christianityworks finansieel selfstandig sal word aangesien ons tans hoofsaaklik uit Australië befonds word.
En weet jy? Jy kan op vier maniere saamwerk om die Evangelie van Jesus Christus te versprei:
o Eerstens deur met vriende of familie te deel hoe hulle kan aansluit by duisende intekenaars dwarsdeur die wêreld wat daagliks VARS-boodskappe per e-pos ontvang deur na ons webwerf: varsvandag.co.za te gaan.
o Tweedens deur mense te vertel hoe om ‘n VARS-Potgooier te word! Soek net vir: VarsVandag op ‘Google’ of op ‘n potgooi platform soos Spotify.
o Derdens deur vir Berni & Craig en die spanne dwarsdeur die wêreld te bid.
o Vierdens deur finansieel by te dra tot die vervaardiging van VARS.
HIER IS ‘N UITDAGING VIR JOU:
VERTEL VANDAG VIR 2 MENSE VAN VARS EN VERDUIDELIK VIR HULLE HOE HULLE KAN INTEKEN!
So bereik die Evangelie deur middel van die daaglikse VARS boodskappe letterlik miljoene dwarsdeur die wêreld in veertien verskillende tale. Jou deelname om ons hiermee te help word hoog op prys gestel. Of jy nou dié boodskappe met vriende of familie deel, of jy vir ons bid en of jy finansieel bydra – daar is ‘n skakel daarvoor aan die einde van die teks – Baie dankie!
Seënwense en mooi loop
Die VARS-span
Aanlyn Betalingsopsies vir Christianityworks se bediening in RSA:
Hier is ons Eerste Nasionale Bank-rekening besonderhede vir die Suid-Afrikaanse bediening.
Baie dankie vir jou vrygewigheid.
Jy kan 'n eenmalige oordrag maak óf 'n herhalende skenking opstel. Gebruik asseblief jou e-posadres as die ontvangerverwysing, sodat ons jou skenking kan erken. Jy kan jou naam, datum van transaksie en die bedrag per e-pos na sa@christianityworks.com. stuur.
Bank: First National Bank (FNB)
Rekening naam: Christianityworks NPC
Takkode: 250655
Rekeningnommer: 6286 0951 550