God se Woord VARS vir jou Vandag

Desember nuusbrief

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Goeiemôre aan al ons VARS potgooivriende! 

Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Desember nuusbrief – WAT ERF JY?

Kan jy dit glo: Hier is ons weer, dis ‘n besige Desembermaand met Kerspartytjies en afsluitingsfunksies, waar kantoordeure gesluit word. Maar hier is die goeie nuus: ons Here Jesus se Hemelkantoor se deure sluit nooit nie! En weet jy, die VARS-kantoor is ook oop en jy kan elke dag ‘n vars VARS ontvang!

Hoekom vra ons: WAT ERF JY?

Ons vier in hierdie dae die feit dat ons Here Jesus na die aarde gekom het; en ons dink met opwinding aan die geskenk wat Jesus deur sy dood vir ons kom gee het; aan die grootste erflating in die geskiedenis! Ons weet uit ons eie is ons nie waardig om hierdie erfenis te ontvang nie. Maar Christus is wel waardig, want Hy is God se eniggebore Seun. Jesus het ons sondes op Hom geneem en Hy is daarvoor gekruisig. Daardeur het jy deel van God se ewige plan geword en is jy nie net van jou ewige straf verlos nie, maar is jy met God versoen. 

Ons weet dat wanneer ons sterf, ons iets wil nalaat, ja, dit klink goed...maar weet jy, ons laat nie net ‘n erfenis na nie, ons erf iets!

Jy het nou ‘n nuwe lewe in Christus; jy is ‘n nuwe skepping. (Rom.6:4,11)

Ons wil net graag vir ‘n ieder en ‘n elk baie dankie sê vir jou lojaliteit en jou bydrae; of dit nou finansieel is, of om gereeld op jou gunsteling radiostasie in te skakel, of om getrou jou VARS-e-pos te lees of potgooi te luister. Ons waardeer die deelname van elkeen van die meer as 19 000 geregistreerde Afrikaanse e-possers en potgooiers opreg. 

Ons wil graag vir jou en jou gesin ‘n wonderlike Geseënde Christusfees toewens. Mag julle in hierdie tyd die ware boodskap van Jesus vier en saam met ons juig dat julle erfgename van die Koning van die konings en die Here van die here is.

Ons nooi jou uit om hierdie oomblik aan te gryp en 'n betekenisvolle rol te speel in die deel van die Evangelie met diegene wat desperaat van Jesus wil hoor en sy lewensveranderende liefde wil ervaar. Jou bydrae help ons om meer mense te bereik, meer harte aan te raak en hoop te gee waar dit die nodigste is.

Onthou, jy is ‘n erfgenaam. Ons gesels graag volgende jaar weer!

Seënwense en mooi loop

Van ons, Jokkie en Annelie Gauché, en die VARS-span

Aanlyn Betalingsopsies vir Christianityworks se bediening in RSA:

Bank:                      First National Bank (FNB)

Rekening naam:       Christianityworks NPC

Takkode:                 250655

Rekeningnommer:   6286 0951 550 

of 

SKENK  https://christianityworks.co.za/donate