God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wees Meelewend, Wees Lig.
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees
Ons moet in hierdie lewe alte dikwels moeilike besluite neem. Ons word gekonfronteer met morele dilemmas, en op die ou end moet ons die opsie kies wat die minste sleg is. Dis nie maklik nie. So, wat kies jy in daardie kritieke oomblikke wat jy keuses moet maak wat reuse gevolge kan hê? Wat is jou wenresep wanneer dinge onduidelik en duister lyk?
In 1940 het Joodse vlugtelinge wat van Nazi-vervolging gevlug het, vir ‘n Japannese konsul, gesmeek om vir hulle visums te gee. Japannese wetgewing het dit egter verbied om enige visums sonder behoorlike dokumente, uit te reik. Die konsul het 'n ernstige morele dilemma in die gesig gestaar: gehoorsaam hy sy land se wet of red hy hierdie Joodse vlugtelinge se lewens.
Hy het uit empatie die laasgenoemde gekies en vir weke het hy duisende visums met die hand geskryf, dikwels vir 18 uur per dag; ál het hy geweet dat dit hom sy loopbaan kon kos. Maar weet jy, as gevolg van sy besluit is daar na raming 6 000 Jode se lewens gered.
Is dit nou nie dapper nie? Wat sou jy in sy skoene gedoen het? Die probleem is dat wanneer jy daardie moeilike besluite moet neem; het jy die moed van jou oortuiging nodig.
Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.
Daardie woord "uitverkore" beteken om vir 'n goeie doel afgesonder te wees. Dit beteken om anders te wees; om in die duisternis te oorleef en alleen te moet staan wanneer jy 'n lig moet wees. Daardie woord "uitverkore" rol so maklik van die tong af, maar in die onheilige wêreld waarin ons leef, het ons ‘n baie belangrike lewensroeping.
Empatie, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld hang nie af van omstandighede nie; dis deel van die Christen se daaglikse mondering. Plaas jouself in die ander een se skoene wanneer jy onseker is oor hoe om te reageer.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.