God se Woord VARS vir jou Vandag

Februarie Nuusbrief 2

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 4:02

Goeiemôre aan al ons VARS-potgooivriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Nuusbrief vir die einde van Februarie. 

 

Ek vertrou dit gaan goed en dat jy intens bewus is van God se teenwoordigheid in jou lewe. Praat God met jou? Ek is so opgewonde om vandag ‘n getuienis met jou te deel.

 

John White, skryf hoe hy, sy vrou en baba seuntjie, op twee verskillende vlugte van die VSA na Bolivia moes vlieg. Hy moes, as gevolg van ander verpligtinge, ‘n later vlug haal. Hy vertel:

 

Ek het skielik 'n nare voorgevoel gekry dat my gesin tydens die vlug in ‘n vliegtuigongeluk gaan sterf, maar ek het dit nie met my vrou bespreek nie. Ek glo nie in voorgevoelens nie - en sy sou waarskynlik lag. Boonop was ek laat. Waarom het ek nie op hierdie voorgevoel gereageer nie? Ek het soos 'n dwaas gevoel. Vrees, skaamte, skuldgevoelens en naarheid, het binne-in my gekook toe ek daardie aand gaan slaap.

 

“Wat is fout? Kan jy my nie vertrou nie?” Ek was geskok. Het God gepraat?

 

“Ja, Here, ek sal U vertrou - as U belowe om hulle vir my terug te gee.”

 

“En as Ek nie belowe nie? As Ek hulle nie vir jou teruggee nie, sal jy ophou om My te vertrou? Kan jy hulle nie aan My toevertrou in die dood sowel as die lewe nie?”

 

My hart wou gaan staan en ek kon nie asemhaal nie. Skielik het 'n fisiese warmte deur my hele liggaam gevloei. Ek dink ek het 'n bietjie gehuil. My woorde het bewerig en swak gekom: “Ja, ek plaas hulle in U hande. Ek weet U sal vir hulle sorg, in die lewe of in die dood.”

 

En my bewerasie het bedaar. Vrede het in golwe oor my gevloei.

 

Die vliegtuig het inderdaad neergestort en almal aan boord is dood. Maar my vrou het ook op ‘n snaakse manier, ‘n onlogiese ongerustheid in haar hart gekry en besluit om haar vlug te onderbreek. Sy was nie aan boord op die laaste been van die vlug, toe die tragedie plaasgevind het nie. 

 

Dit is wat dit beteken om Sy Stem te hoor en Hom te gehoorsaam. (Spreuke 3:5 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.)

 

 

Hier is goeie nuus:

Ons het in Oktober vertel van Berni se kleindogter se behandeling vir ‘n ernstige kankergewas. Hy sê dankie vir al ons gebede en vertel van die groot wonderwerk wat die Here gedoen het. Klein Olivia is vir die eerste keer skooltoe en is geestelik, emosioneel en fisies sterk. Haar volgende stel skanderings sal waarskynlik iewers in Februarie wees. Bid asseblief vir 'n goeie resultaat.

 

 

Dis so maklik vir jou om vir ander tot seën te wees ... Laat ek jou vertel hoe?

·      Bid vir die uitbreiding van die Koninkryk van ons Here Jesus Christus deur die media. Bid dat baie mense na Jesus sal kom.

·      Bid asseblief ook vir elkeen van ons radiostasies en omroepers wat die VARS-boodskappe so getrou uitsaai.

·      Wees vrygewig: Deel jou tyd, jou hulpbronne en liefde. Elke finansiële bydrae, hoe klein ook al, word gebruik vir die Suid-Afrikaanse bediening. Ek wil U loof met 'n dankoffer, ek wil die Naam van die Here aanroep.(Ps. 116:17)

·      Bid vir jouself om jou hart rein te hou en dat die Here self met Jóú sal Praat.

 

Mag die getuienisse jou aanspoor om Sy stem te hoor en te gehoorsaam.

Seënwense en mooi loop

Van Jokkie en Annelie en die VARS-span

 

Aanlyn Betalingsopsies vir Christianityworks se bediening in RSA:

Bank:                      First National Bank (FNB)

Rekening naam:       Christianityworks NPC

Takkode:                 250655

Rekeningnommer:   6286 0951 550 

https://christianityworks.co.za/af/donate/ vir aanlyn betalingsopsies.