God se Woord VARS vir jou Vandag

Dis ‘n Moeilike Opdrag

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3309

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:36

Send us Fan Mail

Matteus 21:12-13 Jesus het tempel toe gegaan en al die mense wat op die tempelplein koop en verkoop, daar uitgejaag. Die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi en vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed wees,’ maar julle maak dit 'n rowersnes.” 

Wanneer jy sien dat dinge besig is om verkeerd te loop; hoe besluit jy of jy moet praat of stilbly? Moet jy opstaan en die boosheid aan die lig bring, of stilbly om die vrede te bewaar? Dis 'n moeilike besluit, nè?

Kom ons sê jy werk in 'n kantoor waar almal goed oor die weg kom. Eendag hoor jy 'n senior bestuurder, agter sy rug, met ‘n jonger kollega se aksent spot.

Dis beslis baie verkeerd – maar om ‘n muggie met ‘n kanon te skiet, kan moontlik die goeie verhouding van die span skade aandoen, selfs jou eie posisie in gevaar stel. Konfronteer jy die saak en wag jy in spanning op die uitkoms, of bly jy stil en bewaar jy die vrede? Dis die dilemma.

Om stil te bly, voel op die oomblik makliker, maar maak jou stilte jou nie eintlik medepligtig nie?

Oukei, Jesus het nie gereeld so iets gedoen nie, maar Hy het baie duidelik gesê dat hulle skynheilig is en dat hulle hulself skuldig maak aan slegte gedrag … sonde. 

Soms sal dit jou iets kos om te doen wat reg is. En ons weet dat as jy toelaat dat verkeerde dinge stilweg onbetwis bly, gaan jy net die vuur aanblaas.

Moenie vergeet om dapper genoeg te wees om die tafels en die stoele om te gooi, om te ontbloot wat ontbloot moet word nie!

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY