God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Span Saam
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
2 Korintiërs 6:14-15 Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan 'n gelowige dieselfde belange hê as 'n ongelowige?
Dis interessant om te kyk hoe mense uiteenlopende opinies oor baie dinge, soos byvoorbeeld die politiek, verhoudings en die werkplek het, nè? Nouja, dit kan 'n goeie ding wees. Verskillende perspektiewe lewer beter resultate. Maar dit kan ook 'n miernes oopkrap!
So, hoe kies jy dan jou vriende? Aan die eenkant wil jy nie 'n klomp 'ja-broers' hê, waar almal altyd saamstem nie. Dit is gevaarlik. Een van die belangrikste dinge wat my vrou vir my doen, is om my te vertel wanneer sy van my verskil en wanneer sy dink dat ek verkeerd is - en andersom.
Aan die anderkant, as jy net konstante teenkanting van die mense om jou kry, kan jy besluit of jy bereid is om die res van jou dae jouself in die voet te skiet? Stel jou voor jy is vasgevang in so 'n huwelik of werksomgewing. Dit is beslis nie baie pret nie!
2 Korintiërs 6:14-15: Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan 'n gelowige dieselfde belange hê as 'n ongelowige?
Stel jou voor twee osse is "ongelyk ingespan" – hulle trek nie net teen verskillende snelhede nie, maar ook in verskillende rigtings. Hulle sal baie energie gebruik en nie baie ver kom nie.
Ek weet nie wat jou prioriteit in die lewe is nie, maar die ding wat my dryf, wat die kern van my wese vorm, is my geloof in Jesus - in sy liefde, sy krag, sy genade en vergifnis; en om te doen wat goed en reg in sy oë is.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.