God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Beskaafdheid
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Efesiërs 4:14-15 Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie. Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. (NLV)
Dit lyk asof mense deesdae die vermoë verloor het om beskaafd van iemand te verskil. Ons sien gereeld hoe politici mekaar uitmekaar wil skeur, hoe sekere groeperinge Christene belaster en andersom. Wat het geword van die vermoë om met respek te debatteer en van mekaar te verskil?
William Wilberforce het in die 18de eeu in Engeland die stryd om die slawehandel af te skaf, gelei. Hy was onverskrokke in sy stryd teen slawerny en het die gruwels daarvan dapper openbaar.
Tog het hy sy teenstanders met grasie behandel en hulle nooit persoonlik belaster nie. Jaar na jaar het hy met nederigheid en deernis die saak by die Parlement bepleit. Hy het die euwel van slawerny en die slawehandelaars wat in die stelsels vasgevang is, van mekaar geskei; hy was onvergeeflik teenoor die probleem, terwyl hy empatie gehad het vir die handelaars. Sy gesindheid het uiteindelik gehelp om die handel tot 'n einde te bring.

Dit is nie slim om die feit, dat ons aan alle kante deur diepgewortelde boosheid omring word, te ontken nie. Ons sien daagliks hoe mense met hulle geld en posisies ander mense benadeel en dan met hulle slim argumente vir ons probeer oortuig om saam met hulle te staan.
Maar soos Wilberforce, is die beste reaksie om genadig teenoor die persoon te wees en die probleem te konfronteer. God se liefde vermy en ontken nie die waarheid nie – Hy tree in liefde, in plaas van minagting, op.
Ons sal by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.