God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wat Vernietig Jou Lewe?
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Johannes 8:31-34 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”
Hulle het Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle sal vry word’?”
Jesus sê toe vir hulle: “Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde.”
Selfs die magtigste mense in die wêreld kan slawe van hul eie bose begeertes en van hul verkeerde motiewe wees. En dieselfde geld vir gewone mense soos ek en jy.
J. Edgar Hoover, die eerste Direkteur van die FBI, het vir byna vyf dekades geweldige mag uitgeoefen. Maar onder sy rustige uiterlike het daar 'n diep onsekerheid en begeerte na mag gelê. Hy was obsessief oor sy openbare beeld. Hy het geheime lêers oor politici, aktiviste en selfs presidente gehou en dit gebruik om deur vrees en intimidasie sy posisie te beskerm.
Hy het ander mense verdoem en vervolg vir hulle morele mislukkings, terwyl hy geweier het om sy eie verborge demone te konfronteer. Hy kon 'n nalatenskap van hervorming en integriteit nagelaat het. Maar, in plaas daarvan, het hy gesterf met ‘n nare reputasie van mag in die vorm van intimidasie, geheimhouding en vrees.
Sonde verslaaf ons; of ons dit wil weet of nie. Ons dink nie aan onsself as slawe nie, maar dit verander nie die feit dat ons wel slawe is nie.
Johannes 8:31-34 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: "As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak."
Hulle het Hom geantwoord: "Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê “Julle sal vry word'?"
Jesus sê toe vir hulle: "Dit verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde.”
Kom ons wees eerlik. Sonde maak ons slawe. Dit is ‘n feit; Jesus sê self so. Maar Jesus het gekom om ons vry te maak; om jou vry te maak.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.