God se Woord VARS vir jou Vandag

Jesus het vir Jou Gesterf

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3319

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 3:10

Send us Fan Mail

Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. 

Hoe belangrik is Paasfees vir jou? Kom en gaan dit dalk in 'n waas van sjokolade, langnaweke en etes? As dit die geval is, het ons die hartklop van God gemis. Paasfees is God se manier om te sê: “Jy is die moeitewerd om voor te sterf.”

So, kom ons begin ons week saam deur 'n tree terug te gee om te kyk waaroor dit werklik gaan. Dawid sê vir God in:

Psalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het.

Met ander woorde: God het jou uniek gemaak. Hy het jou in jou moederskoot aanmekaargeweef. Jy is nie ‘n ongeluk nie. Jy is nie 'n lukrake produk van geluk nie. Jy is met liefde deur Hom gemaak om Hom te ken en Hom die middelpunt van jou lewe te maak. Maar hier is die ontstellende nuus:

Romeine 3:23 Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. (NLV)

Elkeen van ons het, op ons eie manier, ons rug op God gedraai. Ons het sy doel gemis. En daardie rebellie kom teen 'n prys...

Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; 

God het geweet dit gaan gebeur! Maar ten spyte daarvan, het Hy steeds besluit om in te gryp.

2 Korintiërs 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.

Hy het ons sonde – myne en joune – op Jesus gelê. Hoekom? Sodat ons kan kry wat ons nooit sou kon verdien nie: vergifnis, vryheid, die ewige lewe.

Paasfees is nie 'n vinnige wegneemete nie; dit gaan nie net daaroor om God se offer te onthou nie - dit gaan daaroor om te reageer op die Een wat sy lewe vir jou gegee het. Die Een wat jou mislukkings gesien het en gesê het: “Jy is die moeitewerd om voor te sterf.”

So, moet asseblief nie Paasfees óm wens nie. Talm 'n rukkie. Laat sy liefde diep insink, want Jesus het nie net vir die wêreld gesterf nie; Hy het vir jou gesterf.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY