God se Woord VARS vir jou Vandag

Ek, Jy… en Barabbas

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 3:17

Send us Fan Mail

Romeine 3:22-25 God spreek ons vry deur geloof in Christus Jesus en dit geld sonder onderskeid vir almal wat glo. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. Want God het Hom gestuur as ’n offer wat deur sy sterwe versoening bewerk het vir almal wat glo (NLV) 

Ja, dis Goeie Vrydag. In werklikheid 'n hartseer dag. En tog, 'n dag wat oorloop van 'n verstommende liefde; 'n liefde ongeëwenaard in die geskiedenis; God se liefde ... vir jou!

As jy gedurende hierdie week die VARS-episodes gevolg het, sal jy weet dat ons die verhouding tussen Jesus en Barabbas onder die vergrootglas geplaas het. En dis belangrik. Albei het voor Pontius Pilatus verskyn - Jesus, die Een wat geen sonde geken het nie, en Barabbas, wat skuldig was aan ernstige sonde. Kom ons hersien dit kortliks.

Wie is Barabbas? 'n Moordenaar, 'n rebel. Hy was sonder twyfel, skuldig. En tog, met Pasga, is hy vrygelaat. Sy naam, "Bar Abba", beteken letterlik seun van die vader. In sy plek is Jesus, die ware Seun van die Vader, gegesel, gespot en gekruisig.

Jesus het nie net vir Barabbas gesterf nie. Hy het in plaas van Barabbas gesterf. En dis waar dit persoonlik raak. Want jy en ek is Barabbas. Ons het almal ons rug op God gedraai. Ons het almal ons doel gemis.

Romeine 3:22-25 God spreek ons vry deur geloof in Christus Jesus en dit geld sonder onderskeid vir almal wat glo. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. Want God het Hom gestuur as ’n offer wat deur sy sterwe versoening bewerk het vir almal wat glo. (NLV)

En daar lê die hart van die Evangelie! Dis die Goeie Nuus van Jesus.

Ons is skuldig. En geregtigheid eis straf. Maar God is nie net regverdig nie - Hy is liefde. En in sy liefde het Hy die grootste dilemma in die gesig gestaar: Hoe om geregtigheid te handhaaf en ons steeds te red?

Daar was net een oplossing: die Seun van die mens (het) sy lewe (ge)gee as 'n losprys vir baie. (Matteus 20:28); ...sodat Hy deur die genade van God vir almal die dood sou smaak. (Hebreërs 2:9).

Jesus het aan die kruis ons almal se sonde gedra. Hy het die beker van oordeel gedrink sodat ons barmhartigheid kon ontvang.

Dit is die onreg van die kruis: dat die skuldige vrygelaat word; en dat die Seun van God gekruisig is… sodat ons kan lewe. Jy is geliefd. Jy is vergewe. Omdat Jesus jou plek ingeneem het. Plaas jou geloof in Hom!

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY