God se Woord VARS vir jou Vandag

April Nuusbrief 2

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 3:20

Goeiemôre aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Nuusbrief vir die einde van April.

Ons vertrou jy het ‘n besonder geseënde Paasfees geniet. Is dit nie wonderlik dat ons weet dat die Graf Leeg Is nie? 

Matteus 28:5,6:Toe sê die engel vir die vroue: “Julle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het.

Ons praat vandag ‘n bietjie oor die Christelike media en ons nooi jou uit om VARS se sesde verjaardag saam met ons te vier. Christianityworks het in 1957 in Australië uit ‘n sukkelende Amerikaanse bediening Back to the Bible ontstaan. In ongeveer 2001 is die naam verander na Christianityworks, bedoelende Christenskap Werk as ‘n lewenstyl, en die bediening het begin blom.

Aanvanklik was Berni Dymet se Bybelonderrigprogramme net in Australië beskikbaar, maar vandag word dit daagliks in160 lande en in 12 verskillende tale uitgesaai, waarvan VARS – die Afrikaanse weergawe van FRESH – sedert Maart 2020 een is. Christianityworks se missie is om miljoene mense deur middel van die media vir ons Here Jesus te bereik sodat hulle ‘n dinamiese en persoonlike verhouding met Hom kan bou.

Ons is so dankbaar om talle getuienisse  te ontvang van mense wie se lewens die Here radikaal deur hierdie boodskappe  verander het. Die getuienisse vertel  van gebroke huwelike wat herstel is; van ‘n dame wat letterlik op die punt van selfmoord was,  toe die Here een van Berni se radioboodskappe gebruik het om haar tot besinning te bring; en dan is daar die wonderlike getuienis van die Vise-president van Liberië wat vertel van die impak wat hierdie boodskappe op die genesing en versoening van sy nasie het.

Ons Suid-Afrikaanse span het verlede maand Christianityworks verteenwoordig by ‘n ACM oftewel Association of Christian Media netwerk vergadering. Die geleentheidspreker, Vaughn Luck, se baie interessante onderwerp was: Strategiese Betrokkenheid in die Digitale Era. Hy het onder andere die goeie nuus gedeel dat daar deesdae onder jong mense ‘n groot behoefte aan Christelike materiaal en Christelike musiek bestaan.

Kan jy glo dat daar nou reeds 22 000 VARS-intekenaars is? Jy kan ook deel van die VARS- span word deur die Suid-Afrikaanse bediening van Christianityworks te ondersteun deur te bid, te getuig of finansieel by te dra! 

Hier is ‘n gedagte vir die pad:

Jou gehoorsaamheid aan God is belangriker as mense se opinies!

Seënwense en mooi loop

Van Jokkie, Annelie en die VARS-span

•

Aanlyn Betalingsopsies vir Christianityworks se bediening in RSA:

Bank:                      First National Bank (FNB)

Rekening naam:       Christianityworks NPC

Takkode:                 250655

Rekeningnommer:   6286 0951 550 

https://christianityworks.co.za/af/donate/ vir aanlyn betalingsopsies.

of

SKENK