God se Woord VARS vir jou Vandag

Geen Wegkruipplek, Geen Verskonings

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3350

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:42

Send us Fan Mail

Jeremia 17:10 Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen.

Vandag is een van daardie slegte-nuus-en-goeie-nuus-dae. Ons ontvang almal partykeer slegte nuus, maar die slegste nuus wat ons ons ooit kan kry, is dat daar 'n God in die hemel is, en dat Hy elkeen van ons volgens ons dade oordeel.

O aarde! Dit mag vir jou soos 'n grap klink, of dit kan jou absoluut vreesbevange maak. Ek is een van die laasgenoemdes, want ek glo met my hele hart dat daar 'n God in die hemel is en dat Hy ons wel oordeel. Kyk! Hier staan dit in:

Dis nie net slegte nuus nie, dis skrikwekkend. Kyk, as daar 'n God is, sou jy wou hê dat Hy regverdig moet wees, nè? Soveel skelms kom met moord weg. Jy wil tog hê dat hulle daarvoor gestraf moet word? En dis presies wat God hier sê. Hy deursoek elke hart, Hy ondersoek elke gedagte – joune, myne en almal anders s’n. Hy sien alles wat ons doen.

En ons weet almal dat wanneer Hy oordeel, ons baie diep in die moeilikheid is. Dink net aan al die verskriklike dinge wat ons gedoen het; al die verkeerde dinge wat in ons breine rond geborrel het; nee, my vriend, dit klink nie goed nie. Dis ’n skrikwekkende vooruitsig. Ons is almal verdoem.

Maar ons God van geregtigheid, is ook die God van liefde. En daarom het Hy Jesus gestuur om ons plek in te neem en om die straf wat ons dade verdien, te dra. Aan die kruis het óns sonde deel van Jesus geword en Hy is daarvoor gestraf, sodat ons deel kan hê aan sy volmaakte geregtigheid.

Dis die goeie nuus. Plaas jou vertroue in Jesus, en jy sal gered word.

Want dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY