God se Woord VARS vir jou Vandag

Hy Deel Nie Sy Kroon Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3352

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:43

Send us Fan Mail

Sagaria 14:9 Die Here sal koning wees oor die hele land. Daardie dag sal die Here die enigste God wees, en sy Naam die enigste Naam. 

Elon Musk is sonder twyfel 'n rare figuur. Jy is óf sy grootste aanhanger óf jy kan hom nie voor jou oë verdra nie. Maar hy is ook 'n idealis en verstommend briljant. Hy het talle nywerhede - van motorvoertuie tot ruimtetuie - met ongelooflike, doelgerigte vernuwing hervorm. Hy droom daarvan om mense op Mars te vestig, masjiene gedagtes te laat lees en menslike lewe te verleng. 

Daar word gesê dat Musk met sy stygende ambisie homself verhef. Dit klink amper asof Musk se planne vir vooruitgang, in menslike innovasie lê. En weet jy, daar is baie mense met hierdie beskouing.

Kom ons wees eerlik, die meerderheid van die mensdom het die een ware God verwerp. Hulle het God verwerp; hulle glo nie dat Hy Jesus, sy Seun, gestuur het om ons Verlosser te wees nie. Hulle glo nie dat Jesus gesterf het om vir ons sondes te betaal en uit die dood opgestaan het om ons tot in ewigheid 'n nuwe lewe te gee nie. Soos die bouers van die Toring van Babel, reik die mensdom na die hemele, sonder om voor die hemel se Koning te buig.

So, hoe sal dit alles eindig? Is die moderne slim manne van hierdie wêreld reg? Is die wetenskap werklik die antwoord? Kan die mensdom werklik sy eie Verlosser word?

Moenie jouself bluf nie. Ons lewens gaan tot 'n einde kom. Hierdie hele wêreld is onkeerbaar op pad na sy uiteindelike, einde. En op daardie dag sal ál die wetenskap, ál die menslike briljantheid en strewe in die wêreld, ons nie red nie. Op daardie dag sal elke knie buig en elke tong sal bely dat Jesus Christus die Here is.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY