God se Woord VARS vir jou Vandag

God is Aan Jou Kant

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3353

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:58

Send us Fan Mail

2 Tessalonisense 3:2-3 Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar. 

Die wêreld is deesdae skerp verdeeld tussen outoritêre regimes aan die een kant, en sogenaamde liberale demokrasieë aan die ander kant. Tog is daar 'n groterwordende grys area in die middel, waar sensuur die basiese mensereg van vryheid van spraak ondermyn.

'n Onlangse Britse regeringsverslag genaamd: Geloof en Oortuiging in Moderne Brittanje, verklaar dat: Dit heeltemal aanvaarbaar is om die Christendom in die openbaar te bespot of te verag. 'n Geopende Deure-verslag oor Wes-Europa, het bevind dat 30% tot 40% van jong Christene erken dat hulle hul geloof geheimhou, uit vrees vir bespotting of professionele gevolge.

Daar is tydens verlede jaar meer as 'n duisend anti-Christelike dade soos brandstigting van kerkgeboue, ontheiligings en aanrandings, in Frankryk aangemeld. Die Kanadese aktivis Chris Elston, bekend as Billboard Chris, is in Australië in hegtenis geneem omdat hy doodstil in 'n openbare winkelsentrum gestaan het met 'n plakkaat wat lui: Kinders kan nie self toestemming gee vir puberteitsblokkeerders om hormoon produksie te stop nie.

Vervolging is aan die toeneem. Jy kan dit sommer voel. Jy kan dit sien. So, wat moet ons doen? Paulus skryf in die 1ste eeu n.C. in:

Vervolging ís aan die toeneem. Ek weet nie waar jy woon, en onder watter regeringstelsel jy leef nie, maar moenie verbaas wees om te sien, dat hierdie vloedgolf van vervolging ook al in jou omgewing afspeel nie. Nie almal glo in die Here nie, weet jy?

Moenie ontsteld wees nie, moenie bang wees nie, want: Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar.

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY