God se Woord VARS vir jou Vandag

Jou Volgende Skuif is Belangriker

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3356

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:53

Send us Fan Mail

Jesaja 1:18 Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. 

Skuldgevoelens oor dinge in ons verlede het 'n geneigdheid om ons perspektief op die toekoms te belemmer. Baie lewens is al deur ongehanteerde skuldgevoelens verwoes. Klink dit bekend?

Ludwig Tessnow, 'n Duitse skrynwerker, is in 1901 skuldig bevind aan moord op twee jong seuns. Drie jaar voor dit, het twee soortgelyke moorde plaasgevind, maar alhoewel hy 'n verdagte was, kon hulle hom nie vastrek nie en is hy weens 'n gebrek aan bewyse, vrygespreek. Tessnow was diep ongelukkig en sy skuldgevoelens het aan hom gevreet. Hy was te skaam om die aanvanklike moorde te bely, en hy het probeer om sy verlede deur geheimhouding en ontkenning weg te steek. 

Toe forensiese bewyse sy rol in die tweede stel moorde blootgelê het, het Tessnow nooit sy skuld geëien nie; hy het nooit vergifnis vir die moorde gevra nie; sy spyt het nooit tot bekering gelei nie - slegs tot wanhoop. 

Daar het jy dit: die sielverpletterende las van ongehanteerde skuldgevoelens! Maar hier is wat die Here, deur sy profeet vir Israel, gesê het:

Dit is die kern van die Evangelie. Dis die Goeie Nuus van Jesus Christus: Dit is hoe Jesus se dood aan die kruis die prys, wat God se geregtigheid vir ons sonde eis, betaal het. Hy het gekom om ons te verlos van ons verlede en om ons te bemagtig om vorentoe te beweeg.

Die Here ignoreer nie ons sonde nie. Nee, wanneer ons dit bely en om vergifnis vra, vergewe Hy ons volkome, vir eens en vir altyd.

So, het jy nodig om sy vergifnis te vra? Dis noodsaaklik, want in die skaakspel van die lewe is jou volgende skuif baie belangriker as jou laaste fout.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY