God se Woord VARS vir jou Vandag

Om Paniekerig te raak of te Bid

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3364

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 3:13

Send us Fan Mail

Jeremia 32:17 Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie. 

Die lewe is 'n legkaart waarin dit alte dikwels onmoontlik lyk om al die stukke in te pas. Jy het planne gehad. Dit was goeie planne. Ja, baie goeie planne. Toe … loop dinge skeef! Dinge neem onverklaarbaar 'n duister wending. Jy was seker ook al in so ‘n situasie?

So, wat doen jy wanneer jy te kampe het met 'n donker, onoplosbare stel probleme wat so kompleks is, dat jy nie jou pad daardeur kan vind nie? Wel, natuurlik vra jy vir God wat nou aan die gang is. Waarom sou Hy dit laat gebeur … met jou van alle mense!

Dis 597 v.C., 'n tyd van nasionale krisis. Jerusalem word beleër deur die Babiloniërs. Juda is op die punt om tot ‘n val te kom. Tog gee God vir Jeremia opdrag om iets onlogies te doen; om in oorlogstyd 'n stuk grond in Anatot te koop. Dit maak mos nie sin nie. Is dit regtig wat God sê? Dit sal jou jou kop ontkennend laat skud, nie waar nie? Maar kyk hoe reageer Jeremia:

Dis maklik om jouself as 'n gelowige te beskou, totdat jou geloof getoets word; totdat dit lyk asof God iets duister en onverklaarbaars doen; soos die geval waarna ons pas gekyk het, toe Hy toegelaat het dat Babilon die Beloofde Land oorneem en Israel in ballingskap neem.

Wanneer God iets so verskrikliks toelaat, is daar twee moontlike verklarings daarvoor: óf Hy doen dit uit woede en is onbetroubaar, óf daar is iets aan die gang agter die skerms, wat ek en jy nie kan sien of begryp nie.

So, die volgende keer as jy jouself in daardie plek bevind, kan jy óf paniekerig raak óf bid ...

Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY