God se Woord VARS vir jou Vandag

Deelname Nie Prestasie Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3365

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 2:46

Send us Fan Mail

Filippense 1:4-6 In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. 

Ek dink dikwels dat dit baie makliker is om wanneer dinge goed gaan, die spoor byster te raak, as wanneer dit sleg gaan. Wanneer die koeëls om jou fluit; wanneer jy in gevaar is, roep jy natuurlik tot God. Maar wanneer dit goed gaan … kan jy gemaklik eet, drink en vrolik wees.

Interessant genoeg skryf die apostel Paulus vanuit sy tronksel die volgende aan sy vriende in Filippi:

Filippense 1:5-6 In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Met ander woorde, die Filippense het, deur goeie en moeilike tye, aan God getrou gebly en vir Paulus ondersteun. Hulle het deur hul dade gedemonstreer dat hulle koersvas gebly het.

Paulus seën hulle, want hy glo dat hulle die goeie werk wat die Here in hulle begin het, sal voortsit tot op die dag wanneer Jesus Christus weer terugkom.

Ons verstaan mos dat dit God self is, wat die goeie in ons doen. Ons presteer nie om gered te word nie, maar wanneer ons gered is, neem ons deel aan sy werk, wetende dat Hy tot die einde toe, sy goeie werk ín ons sal voortsit.

Dis 'n voortreflike vennootskap wat ons uitnooi om deel te neem; nie om te presteer en deur mense gesien te word nie. Bly getrou, hou aan om goed te doen, want die goeie werk wat God in jou begin het, sal voortgaan totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus weer terugkom.

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY