God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Laat Vreugde Jou Dra
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Nehemia 8:11 Nehemia het verder gesê: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.
Voel jy asof die laste van die lewe jou onderkry? En hoe langer jy hulle dra, hoe swaarder word hulle; hulle tap jou krag; hulle beroof jou van jou vreugde. Is dit regtig hoe jy wil leef?
Mense gebruik kamele al vir byna drieduisend jaar as lasdiere. Daar is 'n rede daarvoor. 'n Kameel kan ongeveer 450 kilogram oor die woestyn dra - nie omdat hy sterk is nie, maar omdat God hom gemaak het met baie fyn ontwerpte sening-en-gewrig-skarniere wat sy bene sluit wanneer hy kniel.
Die gewig van sy vrag druk dus nie direk op sy spiere nie; dit word deur sy skeletraamwerk gedra. Die kameel vou nie onder sy las soos ons sou nie - sy skelet doen die werk.
Sien in jou gedagtes ‘n prentjie van die kameel met sy vrag. Kom ons dink dan aan die letterlike en figuurlike vrag waaronder die Israeliete gebuk gegaan het. Maar kyk wat God vir hulle, deur die profeet, sê:

Hy bemoedig sy volk, nadat hulle vir soveel jare in ballingskap geleef het! Terwyl die Israeliete Jerusalem herbou het, moes hulle nie slegs die sterk opposisie van hul vyande hanteer nie, maar ook swaar vragte boumateriaal aandra om die muur en hul huise, weer op te bou.
Wanneer jy te midde van ontberings kragteloos voel, gaan dit nie help om op jou tande te kners en harder te probeer stoei nie. Dit gaan oor God se vreugde wat die gewig van jou probleme verskuif; in plaas daarvan dat die las jou gees verpletter, dra sy vreugde jou vrag met sy krag, nie jou eie nie.
God se vreugde lig nie net jou kop op nie - dit dra jou vrag, want die vreugde van die Here is jou krag.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.