God se Woord VARS vir jou Vandag

Onbeskryflike Vreugde

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3415

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 3:11

Send us Fan Mail

1 Petrus 1:8,9 Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom. Julle bly op Hom vertrou. Dit is nie asof alles eers eendag daar ver gaan gebeur nie. Omdat ons op Jesus vertrou, kan ons sê dat ons saak nou reeds met God reg is. Dit is waarom ons in Jesus glo. Ek kan julle nie sê hoe bly dit ons maak nie. Ons loop behoorlik oor van dié wonderlike vreugde. 

Jy kan maar net om jou rondkyk en jy sal sien dat mense desperaat soek na iets wat eg is. Ons word oorweldig deur die nuus, ons kyk na dopamien-treffers op ons skerms, en dan lê ons snags met 'n pyn in ons harte wakker.

Die vals belofte van vreugde is die slagyster wat soveel mense daartoe lei om dit op al die verkeerde plekke te soek. Een van daardie plekke is op ons slimfone; ons hoop om daar iets raak te loop wat vir ons plesier sal verskaf.

So, kom ons slaan vandag 'n ander rigting in:

1 Petrus 1:8,9 Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom. Julle bly op Hom vertrou. Dit is nie asof alles eers eendag daar ver gaan gebeur nie. Omdat ons op Jesus vertrou, kan ons sê dat ons saak nou reeds met God reg is. Dit is waarom ons in Jesus glo. Ek kan julle nie sê hoe bly dit ons maak nie. Ons loop behoorlik oor van dié wonderlike vreugde. (DB)

Petrus wil die nuwe Christene wat werklike probleme van hulle afsondering, laster en dreigemente ervaar, bemoedig. Hulle is op hierdie stadium darem nog nie vir die leeus gevoer nie, maar hulle kry swaar om in 'n vyandige kultuur aan Jesus getrou te bly.

Petrus vertel hulle van 'n vreugde wat hul vyande nooit kan steel nie. Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom.

Nee, my vriend, hierdie is nie die een of ander brose gevoel van vreugde, van troos, of goedkeuring, wat soos mis voor die son verdwyn nie. Nee, dit is die vrug van die Gees, wat op Christus gevestig is, wat in die hitte van beproewing ontwikkel het.

Die wêreld se vreugde vervaag vinnig. Maar die Gees se vreugde? Dit sal deur lyding voortduur. Jesus se Lig skyn die helderste in die duisternis. Laat jou vreugde volkome wees. 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY