God se Woord VARS vir jou Vandag

Stap in Genade In

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 26 Episode 3450

Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.

0:00 | 3:14

Send us Fan Mail

Johannes 6:28-29 Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?”

En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.” 

Jy dink dalk dis ’n vreemde ding vir my om te sê, maar ek gaan dit in elk geval sê: godsdiens sal jou uitput. Jy sal jouself stokflou maak as jy reëls en rituele wil volg en dit sal boonop net skuldgevoelens veroorsaak. En wat is die waarheid? ’n Geloof wat op werke gebaseer is, is soos om op ’n trapmeul te hardloop – dit maak nie saak hoe hard jy werk nie, jy kom nêrens nie.

Stel jou dit voor. Jy draf jouself poegaai by die gym, die sweet tap jou af, jou bene brand, jou hart jaag. En wanneer jy uiteindelik die "stop"-knoppie druk ... is jy nog presies op dieselfde plek. Nouja, dis presies hoe godsdiens sonder genade voel. Al die moeite, maar geen vordering nie.

Luister nou na hierdie gesprek tussen Jesus en sy dissipels:

Johannes 6:28-29: Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?”

Sien jy die kontras? Hulle wou ’n geestelike oefenprogram hê! 

Doen dít, moenie dát nie, tik die lysie af, betaal jou ledegeld. Maar Jesus trek ‘n streep daardeur en sê bloot: Dit gaan nie oor wat jy doen nie, maar dat jy in My glo.

Geloof wat op genade berus, verskil radikaal van godsdiens wat op werke gebaseer is. Dit beteken jy klim van die trapmeul af en besef die grond onder jou voete is reeds stewig, omdat Christus die swaar werk aan die kruis gedoen het.

Jesus het, net voordat Hy vir jou aan die kruis gesterf het gesê: Dit is volbring. Dit beteken dat jy nooit eers moet probeer om God se goedkeuring te verdien nie. Jesus het reeds die prys vir jou sonde betaal. Wanneer jy in Hom glo, is jy heeltemal vergewe. So, hier is die keuse: hou aan om jouself moeg te hardloop en nêrens te kom nie ... of stap in genade en loop saam met Jesus - vry, vergewe en geliefd.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY