God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Verlore Maar Nie Vergete Nie
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
Het jy al ooit gevoel asof jy; sonder ’n kaart, ’n kompas of enige idee van hoe om by die huis te kom, in die middel van nêrens is? Sover het jy die lewe nog heel goed hanteer - maar skielik lyk niks meer bekend nie. Dit is presies hoe dit voel wanneer planne in duie stort, wanneer verhoudings verander of wanneer die toekoms vaag lyk.
Stel jou ’n trekvoël voor wat in ’n storm beland. Die wind waai hom heeltemal uit sy koers uit—kilometers ver weg van sy swerm, omring deur vreemde bome, ’n vreemde lug en vreemde geluide. Maar selfs in daardie verwarring is daar diep binne-in hom ’n instink—’n drang—om aan te hou vlieg. Want op die een of ander manier het die Een wat hom geskep het, ook die vermoë in hom ingebou om sy weg huis toe te vind.
Dit is wat God gesê het in:
Jeremia 29:11Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting.
Dit is ’n vers wat baie aangehaal word—maar mense vergeet dikwels dat God dit vir Israel gesê het terwyl hulle nog in ballingskap in Babilon was. Gevangenes. Ontwortel. Verlore. Hy het nie ’n kits-redding beloof nie. Hy het vir hulle gesê om huise te bou, tuine te plant en gesinne groot te maak—om te lééf presies waar hulle was, met die vertroue dat sy plan steeds besig was om te ontvou, selfs dáár in ballingskap.
Miskien voel jou lewe op die oomblik ’n bietjie soos Babilon—gedisoriënteerd, vertraag of heeltemal van die spoor af. Maar my vriend, selfs dáár het God jou nie verloor nie. Sy planne is nie op ys nie. Sy kompas se naald het nie geglip nie.
So, hou aan vlieg. Hou aan vertrou. Dieselfde God wat vir Israel huis toe gelei het, is ook besig om jou te lei—en sy planne, selfs in die storm, is steeds goeie planne.
Dit is sy Woord. Vars… vir jou… vandag.