Oolfant se potgooi

Voed jou kind se siel op hierdie kreatiewe manier

February 23, 2022 Marisa Haasbroek Season 2 Episode 5
Oolfant se potgooi
Voed jou kind se siel op hierdie kreatiewe manier
Show Notes

Collette van Rheede van Oudtshoorn is ʼn tuisskoolma van vyf. Maar Collette is ook ʼn passievolle kunstenaar. En nou het sy ʼn kunsprogram in die vorm van ʼn e-boek beskikbaar om die lewe vir ander ma’s soos jy bietjie makliker te maak.

Haar visie was om ʼn gebruikersvriendelike kunskurrikulum aanmekaar te sit wat Bybelbaseer is.  

“Ek word deur die Skrif inspireer vir my kuns en dit voel vir my of kinders en selfs grootmense die Bybelverse baie beter onthou as dit visueel ook uitgebeeld word. Die assosiasie verskerp die geheue,” verduidelik Collette.  

Vir hierdie kunskurrikulum van haar is die tema geestelike identiteit. En sy hanteer konsepte soos:

·         Jy is spesiaal

·         Jy is gekies

·         Jy het spesiale DNS

·         Jy is ʼn legkaartstukkie op die aardbol ... gekies vir ʼn doel 

·         Jy is beplan

·         Jou naam is kosbaar 

Deur die jare het Collette al baie kunsgroepe gelei en het die kurrikulum prakties met haar eie kinders maar ook in hierdie groepe getoets. Hierdie e-boek van haar bied vir jou ʼn jaar se kuns wat op verskillende ouderdomsvlakke aangebied kan word. 

In hierdie week se potgooi-episode gesels ek met haar daar al die pad van Riversdal in die Wes-Kaap af. Kom hoor onder andere:

·         Hoe sy kuns aangepak het met haar dogter wat nie so kunssinnig soos sy is nie

·         Hoekom sy aanbeveel dat mens ʼn kunsprojek soms vir ʼn ruk laat lê

·         Hoe sy ervaar hoe en hoekom kuns haar kinders en studente se lewens verryk

Kry meer inligting hier:

https://www.creativeartpages.com/

Maar volg Collette gerus ook op Facebook as jy dalk haar gratis visiebord wil aflaai. Hier is die plek om dit te doen: 

https://www.facebook.com/CollettevanOudtshoorn