Oolfant se potgooi

Jy kan kies hoe jy wil voel

March 09, 2022 Marisa Haasbroek Season 2 Episode 6
Oolfant se potgooi
Jy kan kies hoe jy wil voel
Show Notes

Emosie IS hoe ons hierdie fisiese lewe in ons lywe ervaar. Daarom is gevoelens nooit verkeerd nie, maar ʼn noodsaaklike deel van ons aardse bestaan.  

ʼn Lewe sonder emosie sal taamlik saai wees.  

Die probleme met ons gevoelens kom in as ons sekere emosies uit gewoonte ervaar en nie eens agterkom hoe ons hulle self met ons eie gedagtes skep nie. Voeg dan nog verder die skuld en skaamte oor negatiewe gevoelens soos irritasie of aggressie wat ons ervaar en nou raak ons in die moeilikheid oor ons emosies. 

Baie van ons, en veral van ons tuisskoolma’s wat so idealisties voel oor ons kinders en dat ons hulleself wil opvoed, doen dan die enigste ding wat ons dink sal kan werk. Ons onderdruk ons emosies.

 Maar dit skep nog meer probleme want op een of ander stadium kom daardie emosies tot uitbarsting.

In hierdie week se potgooiepisode praat lewensafrigter en self op haar dag ʼn tuisskoolma, Lindi Potgieter oor ʼn meer konstruktiewe 4-stap-proses waarmee mens jou emosies kan hanteer. Die mooiste daarvan is as jy self eers die stappe bemeester het, jy dit ook vir jou kinders kan leer.

Op 22 Maart 2022 bied Lindi ʼn gratis meesterklas aan wat sy noem: Word jou krag. Dan gaan sy in meer diepte ingaan op maniere om jou emosies beter te kan hanteer. Sy bied die klas aanlyn aan van 20:00 tot 21:30.  

As jy nie die klas op daardie tyd kan bywoon nie, maar graag na die opname daarvan wil kyk, onthou om te registreer sodat jy die inligting kan kry.

Meer inligting HIER.