Oolfant se potgooi

Kry so selfvertroue in tuisonderwys

June 01, 2022 Marisa Haasbroek Season 2 Episode 12
Oolfant se potgooi
Kry so selfvertroue in tuisonderwys
Show Notes

As mens tuisskool, smag jy so baie keer na daardie “ek weet presies wat ek doen” gevoel. Die selfvertroue, die vaste wete dat jy op die regte pad is. In hierdie potgooi wil ek vir jou die vier stappe gee wat jou uiteindelik gaan lei tot by “ek weet presies wat ek doen as tuisskoler.”

Die groot probleem vir die meeste van ons, is dat ons daardie gevoel op die verkeerde tydstip verwag. Vir hierdie episode maak ek staat op ʼn bekende video oor entrepreneurskap deur die skrywer en denker Dan Sullivan met die naam “The four C’s”. Maar toe mooi daarna luister kom ek agter sy proses werk eintlik baie goed vir iets soos tuisskool ook.

Net so tussen hakies. In Engels is dit mooi netjies vier woorde wat met ʼn C begin wat die proses uitstippel. In Afrikaans werk dit nie so presies uit nie. Maar tog was dit vir my verskriklik waardevol om in Afrikaans deur hierdie stappe te dink, want die toeganklikheid van die Afrikaanse woorde, die feit dat ek hulle uitmekaar kon haal, het my baie gehelp om dit beter te verstaan. En ek dink dit gaan vir jou ook van baie waarde wees.