Oolfant se potgooi

Waarheen is jy op pad met jou tuisonderwys?

November 05, 2022 Karin van Oostrum Season 3 Episode 2
Oolfant se potgooi
Waarheen is jy op pad met jou tuisonderwys?
Show Notes

Draai jou kop van al die advies wat jy kry, en trek jou maag op ʼn knop van angstigheid?

In hierdie potgooi gee ek vir jou 4 stappe om jou te help om vir julle gesin langtermyndoelwitte of ʼn eindbestemming met julle tuisonderwys te bepaal. 


Wanneer jy weet wat jou eintlike eindbestemming is, begin jou benoudheid bedaar, kan jy begin glimlag en ontspan, selfs al voel dit of jou tuisskoolbootjie deur storms geteister word of in ʼn frustrerende windstilte roerloos lê. Jy kan met selfvertroue die muitery aan boord hanteer. Jy kan ook onderskei  watter advies van die stuurmanne wat aan wal staan vir julle gesin werklik nuttig en van toepassing gaan wees en watter nie. 

Dit help jou om koers te hou, kom wat wil. Onthou: dis nooit te laat om jou kompas in te stel of ʼn koersaanpassing te maak nie! Jy kan altyd weer begin!

NS: Nuut, en weet nie waar om te begin nie? Begin hier: https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/gratis-verniet/

Wil jy graag van oolfant se produkte aanskaf? Ons produkte help jou as tuisskoolma om lekkerder en makliker te tuisskool EN beter resultate te kry. Spesiaal vir jou bied oolfant ‘n gawe Black Friday-promosie aan van 23-30/11/2022! Kry oolfant se 5-in-1-Afrikaans-pakket + 4 bonusse vir net R2000, en spaar amper R1500. Herinner jou vriendinne ook daaraan.