Oolfant se potgooi

Ontskoling (“Deschooling”): ʼn nuwe dag breek vir jou aan!

November 22, 2022 Karin van Oostrum Season 3 Episode 3
Oolfant se potgooi
Ontskoling (“Deschooling”): ʼn nuwe dag breek vir jou aan!
Show Notes

Sukkel jy en jou kind om van die “skool” in julle tuisskool ontslae te raak?   

In hierdie potgooi kyk ek saam met jou na wat ontskoling ("deschooling")  eintlik is, hoe dit verskil van “unschooling” en wat jy en jou kind kan doen om te “detoks” of van die hardnekkige idees in julle agterkoppe ontslae te raak.  

Dis daardie idees wat jy eintlik weet al lankal deur navorsing verkeerd bewys is, maar om die een of ander rede steek hulle vas in jou agterkop, en regeer jou en jou tuisskool met ʼn ysterhand. Dit maak jou ongelukkig en onseker en vies vir die penarie waarin jy jou bevind.

Ontskoling kan jou help om geleidelik (of eensklaps) al die baie laste af te gooi, en jou vry maak sodat jy op ʼn dag besef: Ons is sowaar besig om dit te geniet om te leer en te lewe; ʼn nuwe dag is besig om vir my aan te breek! 

Ja, dis nooit te laat om eers te stop en te ontskool nie! ʼn Nuwe begin is net om die draai!


NS: 

Oolfant se spesiale Black Friday- promosie bevat al 5 oolfant se taalkursusse (wat jou R2847 sou gekos het, as jy dit afsonderlik aankoop), plus 4 fantastiese gratis bonusse, ter waarde van R800. Kyk hier: https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/3-in-1-afrikaans

Kry hierdie reuse pakket vir net R1999, van 23 tot 30 November 2022. Al die produkte saam, afsonderlik gekoop, sou jou R3647 gekos het. Jy spaar dus R1648! Moet dit nie misloop nie!