Oolfant se potgooi

“Ek kry nie ’n roetine met my kinders gevestig nie”

May 12, 2021 Marisa Haasbroek Season 1 Episode 16
Oolfant se potgooi
“Ek kry nie ’n roetine met my kinders gevestig nie”
Show Notes

Hierdie week deel ek graag weer met jou die raad wat ek vir ʼn moedelose tuisskoolma gegee het. Sy het gekla dat sy sukkel om ʼn tuisskoolroetine te vestig.

As ek so na die e-posse kyk wat by my opdaag weet ek sy is nie die enigste een wat probleme daarmee het nie. Daarom het ek gedink om dit met almal te deel. Miskien is jou situasie nie presies dieselfde as hierdie tuisskoolma sʼn nie, maar jy sal wel sekere idees kan gebruik.

Ek het veral twee voorstelle gemaak wat sy kan doen om die probleem vir haarself op te los.

1.       Maak lysies van dinge wat positief is en wat wel werk

2.       Pasop vir twee denkfoute wat ons almal maak

Dit was vir my baie lekker om hierdie spesifieke episode saam te stel en op te neem omdat dit so propvol praktiese raad is.

Gaan loer gerus ook na my aanlyn kursus oor tuisonderwys:

KLIK HIER om na 21 dae na sukses as tuisskoolma te gaan kyk.