Oolfant se potgooi

Makliker matriek? Nee. Wel lekkerder.

May 19, 2021 Marisa Haasbroek Season 1 Episode 17
Makliker matriek? Nee. Wel lekkerder.
Oolfant se potgooi
More Info
Oolfant se potgooi
Makliker matriek? Nee. Wel lekkerder.
May 19, 2021 Season 1 Episode 17
Marisa Haasbroek

Hierdie week in die potgooi praat ek met tuisskoolma, Stephané Burger oor die Amerikaanse hoërskooldiploma as ʼn matriekopsie vir SA tuisskolers.

Daar was ʼn paar heerlike verrassings wat in die onderhoud opgeduik het.

Soos dat ʼn tuisgeskoolde kind wat die Amerikaanse hoërskooldiploma verwerf het, toelating gekry het vir Veeartsenykunde by die Universiteit van Pretoria, een van die studierigtings met baie streng keuringsvereistes.

Afrikaans as ʼn byvak was nog altyd ʼn taamlike maklike opsie hier. Stephané is juis besig om die kurrikulum wat sy vir haar eie seun (nou in graad elf) opgestel het te verwerk om dit aan ander tuisskolers beskikbaar te stel.

Maar mens kan selfs ʼn stappie verder gaan en Afrikaans as voertaal vir jou kind se hoërskooldiploma gebruik.

Sy verduidelik ook presies wat jou kind sal moet doen om wel universiteitsvrystelling te kry as julle hierdie pad inslaan.

Soos wat Stephané dit so netjies opsom, die Amerikaanse hoërskooldiploma is nie noodwendig ʼn maklike roete na matriek nie, maar dit is beslis een wat baie vryheid bied.

Kry hier meer inligting oor die dienste wat Stephané aanbied:

Of stuur vir haar ʼn e-pos by:

diversiolearning@gmail.com

Show Notes