Oolfant se potgooi

"My kind verstaan nie wat hy lees nie"

September 15, 2021 Marisa Haasbroek Season 1 Episode 33
Oolfant se potgooi
"My kind verstaan nie wat hy lees nie"
Show Notes

Die meeste ma’s besef dat om met begrip te kan lees ʼn sleutelvaardigheid vir hulle kinders se akademiese en beroepsukses is.

Een van die maniere waarmee tuisskoolma’s probeer om hulle kinders se leesbegrip te verbeter, is deur vir hulle begripstoetse te laat doen. Maar om jou kind net begripstoetse te laat doen, is amper soos ʼn afrigter wat ʼn atleet net aan kompetisies laat deelneem sonder om ʼn doelbewuste oefenprogram met die atleet te volg. 

Sê nou maar jy kon ʼn volledige afrigtingsprogram kry wat jou kinders se leesbegrip kan uitbou?

Debbie Smith, ʼn tuisskoolma en onderwysadviseur het die akademiese agtergrond in hierdie onderwerp. Danksy haar praktiese ervaring as tuisskoolma en onderwyskenner kan sy die boublokke van so ʼn program vir jou verskaf. 

Ek en Debbie het besluit om kragte saam te span en ʼn webinaar aan te bied waar ons tuisskolers gaan touwys maak oor al die aspekte van so ʼn afrigtingsprogram wat leesbegrip kan bevorder. Ek gaan as fasiliteerder optree en al die vrae vra wat ek weet tuisskolers oor hierdie onderwerp het.

Die webinaar vind op 28 September om 19:30 plaas. Dit word via Zoom aangebied en kos R250 per gesin. Dit sluit ʼn geskrewe dokument en toegang tot die opname van die aanbieding in. Jy is natuurlik ook baie welkom om jou eie vrae te kom vra.

As jy wil registreer, KLIK HIER:

https://deborah-smith.net/course/leesbegrip-afrigting/