Oolfant se potgooi

Hoe sien jy na jouself om, ma?

October 20, 2021 Marisa Haasbroek Season 1 Episode 38
Oolfant se potgooi
Hoe sien jy na jouself om, ma?
Show Notes

Dit gebeur so maklik dat selfversorging by die deur uitwaai, veral wanneer jy ʼn ma is. 

Dis so maklik om verlore te raak tussen menswees, geliefde vir jou lewensmaat wees, ma wees, dalk nog professioneel met werk ook te wees.

Dis so maklik om alles vir almal te wees dat jy later nie meer weet wie jy self is nie.

Lindi Potgieter, veteraantuisskoolma nes ek, en ook ʼn life coach nes ek, praat hierdie week in die potgooitepisode oor selfversorging vir tuisskoolma’s.

Jy wil nie hierdie episode misloop nie, want jy gaan onder ander hoor:

  • hoe ʼn ma ʼn groot laken en ʼn leunstoel gebruik om vir haar alleentyd te skep
  • van al die aspekte van jou menswees waaraan jy moet dink as jy jouself wil versorg
  • hoekom jy beslis nie skuldig hoef te voel as jy na jouself omsien nie
  • van ʼn vinnige manier om jouself voor te berei vir selfs die veeleisendste dag
  • van praktiese dinge soos genoeg eet en slaap wat ʼn groot verskil kan maak

As jy Lindi se raad en wenke nuttig vind, gaan loer gerus na haar kursusse en programme wat sy beskikbaar het by Future Generations.

Op soek na daaglikse inspirasie van Lindi af? Skakel dan in by haar Telegram Kanaal waar jy kan vrae vra, deelneem aan gesprekke en binne ʼn gemeenskap moed kan skep en idees kan kry by ander tuisskoolma’s.

KLIK HIER om daarby in te skakel.