Oolfant se potgooi

Só skep jy ideale tuisskooldae

October 27, 2021 Marisa Haasbroek Season 1 Episode 39
Oolfant se potgooi
Só skep jy ideale tuisskooldae
Show Notes

Hoe langer ma’s gewoonlik tuisskool, hoe meer besef hulle tuisonderrig is waarlik ontwerperonderwys wat hulle kan aanpas tot dit PRESIES by hulle en hul kinders se behoeftes aanpas. 

En dis waaroor ek in hierdie week se potgooiepisode met jou praat — hoe skep jy jou eie ideale tuisskooldae.

“Ideale tuisskooldag” is te vaag. Wat jy moet doen, is om vir jouself uit te werk wat al die dinge is om die boksie “ideale tuisskooldag” vol te maak. 

Elkeen se boksie gaan met verskillende dinge gevul word. Die punt is as jy ʼn ideale tuisskooldag wil hê, moet jy hom self skep. En in hierdie episode hoor jy van maniere om dit te doen.

As jy belangstel om die lysie van 30 take waarvan ek in die potgooi praat, in die hande te kry, dis beskikbaar binne-in die gratis kursus Begin hier met tuisskool gratis en verniet.

KLIK HIER om in te skryf vir daardie kursus.

Die Franse filosoof Jean Paul Satre het ’n klomp onsin kwytgeraak. Maar die dag toe hy gesê as vryheid in die siel van ʼn mens ontplof het, die gode niks aan so ʼn mens kan doen nie, het hy ’n baie waar ding gesê. En met gode moet jy hier aan owerhede, stelsels en nuwe tydvakke dink.

Laat die vryheid in jou siel ontplof, liewe tuisskoolma. Laat daardie vryheid jou onaantasbaar maak vir regerings en modegiere. Skep self jou ideale tuisskooldae.