Oolfant se potgooi

Die lekkerte van jou eie leerplan

November 17, 2021 Marisa Haasbroek Season 1 Episode 42
Oolfant se potgooi
Die lekkerte van jou eie leerplan
Show Notes

In hierdie week se potgooi-episode wil ek graag met jou vyf hoofredes deel waarom mens ʼn eklektiese benadering in tuisonderrig sal wil volg.

ʼn Eklektiese benadering verwys na iemand wat haar idees, styl en smaak uit ʼn wye verskeidenheid bronne kry. Letterlik beteken die woord om uit te soek of te kies. As ons dit terugtrek na tuisonderwys beteken dit jy doen jou eie ding en stel jou eie leerplan saam.

Ek het begrip vir ma’s wat ʼn bokskurrikulum verkies, maar ek wil jou in hierdie episode uitnooi om ʼn bietjie te dink watter voordele dit vir jou gaan inhou om uit te breek en ʼn eklektiese tuisskoler te wees.

Miskien wonder jy nou, maar hoe doen mens dit? 

Ja, jy kan die voordele van so ʼn eklektiese benadering duidelik insien, maar jy is bang om die sprong te waag. Sê nou maar jy slaan sekere dinge oor of los dit per ongeluk uit, gaan jy nie dalk jou kind ʼn vreeslike onreg aandoen nie? Hoe besluit mens wat in so ʼn eklektiese leerplan moet wees? Veral as jy nou vir die eerste keer aan tuisonderrig as ʼn opsie begin dink.

Toemaar, ek het raad vir jou. DV volgende week bied ek ʼn lewendige webinaar aan waar ek gaan praat oor die drie groot pilare wat jy in jou eklektiese leerplan wil inbou. Ek gaan die leertydperk vir jou in drie fases opdeel en vir jou sê: 

  • wat jy in elke fase vir jou kind moet leer
  • hoeveel tyd jy aan elke element moet spandeer en ook 
  • hoe jy kan seker maak julle werk is op standaard

As jy graag hierdie webinaar wil bywoon, ek gaan dit op Facebook aanbied by 15-Minuut-Afrikaans se Facebookblad. Die amptelike naam van die Facebookblad is “tuisleer”.

VIND DIT HIER op Facebook:

https://www.facebook.com/tuisleer/

Nie meer op Facebook nie? Ek gaan die webinaar ook direk op YouTube uitsaai. Jy kan my op YouTube kry onder my eie naam, Marisa Haasbroek.

VIND MY HIER op YouTube:

https://www.youtube.com/channel/UCGeUHpRBKn3LdT68Kdtbowg

Die webinaar is op 25 November om 19:30 SA tyd. As jy dalk nie die direkte uitsending kan bywoon nie, daar gaan opnames beskikbaar wees.