Oolfant se potgooi

“Dis hoekom jou kinders vir hulleself moet leer dink”

January 19, 2022 Marisa Haasbroek Season 2 Episode 2
Oolfant se potgooi
“Dis hoekom jou kinders vir hulleself moet leer dink”
Show Notes

“Ons het die hele wêreld daarbuite. Dis soos hierdie buffet waarvan jy kan afeet. Gaan soek die disse wat jy van hou en wat jou opgewonde maak.”

Aan die woord is tuisskoolma, Lizelle Rademeyer. En hierbo is haar gedagtes oor die vryheid wat tuisonderwys mens bied. Sy het drie kinders en is nou regtig ʼn Wiskunde-entoesias.

In hierdie week se potgooiepisode praat ons Wiskunde Olimpiades en hoekom Lizelle haar kinders daaraan laat deelneem. (Terloops, hulle vaar uitstekend daarmee. )

Lizelle deel ook haar idees hoekom mens nie vir jou kinders reseppies in Wiskunde moet leer nie. 

Ons praat oor haar Wiskunde produkte, Somme(r) Pret en hoe dit geleidelik en baie organies ontwikkel het omdat sy vir haar eie kinders maniere wou kry om Wiskunde meer te geniet. Sy vertel van die kitsgids Wiskunde in ʼn neutedop wat sy saamgestel het en sy verduidelik hoekom dit belangrik is dat jou kind die terminologie van die vak moes leer. 

Kom hoor ook van die Rademeyers se interessante gewoonte om aan die begin van die jaar almal koppe bymekaar te sit en saam-saam te besluit watter uitstappies hulle die jaar gaan aanpak en ook wat hulle die jaar gaan leer.

Dis ʼn lekker gesprek vol wysheid van ʼn gesoute tuisskoolma wat haar ervaring vrygewig met jou deel. Geniet dit. 

Hier is meer inligting oor Wiskunde Olimpiades:

Living maths Graad R - 9 - https://www.livingmaths.com/?page_id=245

SAMF Graad 4 -12 - samf.ac.za/

Wits Graad 4 - ondergegradueerdes - https://wmc.ms.wits.ac.za/

Daar is ook nog Conquesta, maar daarvoor moet mens 'n groep maak, want die minimum inskrywing is R1000 (Jy't dus 'n groep van ongeveer 10 kinders nodig om saam in te skryf) Graad R - 9 - conquestaolympiads.com/

Ek is trots dat Lizelle se Alles-in-Een-Wiskundebondel met 34 produkte, insluitende Wiskunde in ʼn Neutedop, waarvan ons gepraat het, hierdie Januarie deel uitmaak van die oolfant Begin-van-Jaar-pakket. Hierdie pakket bevat alles wat jy nodig het om 2022 weg te spring met ʼn eklektiese leerplan. En om so al die vryheid en voordele daarvan om jou eie ding te doen te kan beleef.

Buiten die Wiskunde is daar ook genoeg taalwerk, stories, Geskiedenis en selfs Aardrykskunde in hierdie pakket sodat jy jou jaar op ʼn hoë noot kan begin met ʼn lekker, maar stewige leerplan waar al die harde werk klaar vir jou gedoen is.

KLIK HIER om na hierdie aanbod te gaan kyk. 

Onthou, die spesiale bonusse is net tot 31 Januarie 2022 beskikbaar.