Oolfant se potgooi

Die waarde van taalontwikkeling? Legio!

January 26, 2022 Marisa Haasbroek Season 2 Episode 3
Oolfant se potgooi
Die waarde van taalontwikkeling? Legio!
Show Notes

Hoekom is dit so ʼn goeie belegging van jou tyd om soveel aandag aan taalontwikkeling te gee? Die voordele van goeie taalvaardighede is legio. Soos dat jou kind:

  • makliker leer lees
  • vinniger vlot leer lees
  • beter leesbegrip het
  • vinniger kan lees
  • minder foute maak wanneer hulle lees
  • makliker kan memoriseer
  • verduidelikings kan volg (dink byvoorbeeld aan wiskunde...)
  • die hoofgedagte van ʼn stuk skryfwerk makliker identifiseer (dit help so baie as hy of sy opsommings moet maak).

Maar kinders met goeie taalontwikkeling skryf ook beter. Spel ook beter. En hulle kry enige taalwerk makliker onder die knie. 

In hierdie week se potgooi gesels ek met spraak- en taalterapeut Hannekie Verwoerd. Na die gesprek was ek weer eens verstom oor die waarde daarvan om moeite te doen met jou kind se taalontwikkeling. En dit begin deur hardop vir jou kind voor te lees.  

Drie maande se gratis inskrywing van Luistervink Stories, Hannekie se webwerf, is een van die heerlike bonusse in die oolfant promosie wat nog tot die einde van die maand aan die gang is. Ek het opnuut besef dat deur net stories te luister op Luistervink Stories, 'n magdom van ontwikkeling plaasvind wat jou kinders vorentoe in hulle lewe gaan bemagtig en jou werk as ma verskriklik gaan vergemaklik.  

Die grootste geskenk wat Luistervink Stories 'n kind gee, is 'n ryk en genuanseerde woordeskat, insig in taalgebruik en natuurlik die vermoë om inligting deur die ore in te neem, wat 'n krities belangrike vaardigheid vir enige lid van die menslike ras sal bly.

Soos wat Hannekie dit stel: “Dit voel amper soos kroek, maar die kind met goeie taalvaardighede hoef nooit vir Afrikaans te leer nie, buiten om die dag voor die eksamen gou deur die handboek te blaai en seker te maak hy verwar nie onomatopeë en pleonasme nie.”

Buiten vir Luistervink Stories is daar ook genoeg taalwerk, Wiskunde, Geskiedenis en selfs Aardrykskunde in hierdie pakket sodat jy jou jaar op ʼn hoë noot kan begin met ʼn lekker, maar stewige leerplan waar al die harde werk klaar vir jou gedoen is.

KLIK HIER om na hierdie aanbod te gaan kyk. Onthou, die spesiale bonusse is net tot 31 Januarie 2022 beskikbaar.