Oolfant se potgooi

6 dinge wat jy met jou 6-jarige moet doen

April 20, 2022 Marisa Haasbroek Season 2 Episode 6
Oolfant se potgooi
6 dinge wat jy met jou 6-jarige moet doen
Show Notes

Wat moet ek met my voorskoolse kind doen, vra elke ma haarself af as haar kind naby skoolgaande ouderdom kom. Hoe weet ek ek doen genoeg? Doen ek te veel? Hoe stimuleer ek my kind sonder om hom of haar moeg te maak vir leer?  

In hierdie week se potgooi deel ek graag met jou die antwoord op die vraag: watter ses dinge moet jy met jou sesjarige doen? 

Maar daardie titel is net gekies omdat dit ʼn lekker opskrif gemaak het. Die ses dinge wat ek vandag met jou wil deel, is eintlik goeie idees vir die hele grondslagfase tot omtrent so by nege jaar oud.

Hierdie episode is gebaseer op ʼn artikel wat Louise Bodenstein van Otjiwarongo in Namibië jare gelede vir my geskryf het. Maar die raad daarin is so goed en so prakties en so uitvoerbaar dat ek dit graag in potgooiformaat ook met jou wou deel.