Oolfant se potgooi

Gaan dit in die eksamen wees?

April 07, 2022 Marisa Haasbroek Season 2 Episode 8
Oolfant se potgooi
Gaan dit in die eksamen wees?
Show Notes

Die bemarkingskenner Seth Godin, wat beslis ook ʼn bietjie van filosoof is, het laat in 2021 in een van sy e-posse gepraat oor die gevaar om altyd te vra: gaan dit in die eksamen wees?

Daardie vraag veroorsaak dat ons kinders nie regtig leer nie. Hulle leer net om eksamens deur te kom.

Dis iets wat ons as tuisskolers taamlik frustreer. En ek dink dis een van die hoofredes waarom baie van ons besluit het om te begin tuisskool. 

Jy weet nou al ek sê gedurig ons wil graag van ons kinders lewenslange leerders maak. Ons wil dit sover as moontlik vir ons kinders lekker maak om te leer sodat hulle vir altyd wil aanhou om te leer.

Hoe kan ons dit doen? Hoe kan ons wegbeweeg van die ewige vraag: gaan dit in die eksamen wees?

ʼn Beter vraag om te vra, so sê Godin, is om te vra gaan dit in jou portefeulje wees? 

En dan gee hy sewe wonderlike eienskappe en ingesteldhede waarmee ons kan rondspeel.

In hierdie potgooi-episode wil ek ʼn paar gedagtes met jou hieroor deel.