
Kosreis
Kom saam op ‘n "Kosreis" en luister na interessante feite en lekker stories oor kos. Kyk na die kos op jou bord met 'n nuwe perspektief en waardeer wat moeder aarde, die natuur en ons pragtige land Suid-Afrika ons bied vir spys en drank en goeie gesondheid. Francette Bekker (Jou Digitale Dieetkundige) is ‘n geregistreerde dieetkundige met sowat 15 jaar ondervinding in praktyk. Sy het ‘n passie vir familie- en ook vrouegesondheid. In haar praktyk help sy haar pasiënte om sin te maak van die soms teenstrydige inligting oor gesondheid en dieet. Deur te fokus op gesondheid, kos eerste, goeie voeding en “genoeg eet van wat ons liggame benodig” - eerder as die ongesonde dieetkultuur van verslanking ten alle koste - help Francette vroue en gesinne om gesonde en volhoubare voedselkeuses te maak. Instagram @joudigitaledieetkundige
Kosreis
Loodsepisode
•
Francette Bekker
In hierdie loodsepisode gee die aanbieder Francette Bekker (Jou Digitale Dieetkundige) bietjie agtergrond inligting oor wie sy is, wat sy as Dieetkundige doen en sy vertel meer oor die padreis wat hierdie podsending met die naam Kosreis se inspirasie was.
Instagram
@joudigitaledieetkundige
@francettedietitian
Webtuiste
www.francettedietitian.com
E-pos
chatwith@francettedietitian.com