Kosreis
Kosreis is ‘n gesondheidspotgooi...reis wat aangebied word deur Francette Bekker - ‘n geregistreerde dieetkundige in Pretoria met sowat 18 jaar ondervinding in praktyk. In hierdie potgooi gesels sy oor kos, ons land, die mense, die kultuur, interessante feite en lekker stories oor kos asook oor gesondheid, lewensduur en gesondheidsduur. Wat is die verskil tussen lewensduur en gesondheidsduur? Lewensduur verwys na hoe lank jy leef, terwyl gesondheidsduur verwys na hoe lank jy gesond leef. Luister lekker saam en kyk na die kos op jou bord met 'n nuwe perspektief en waardeer wat moeder aarde, die natuur en ons pragtige land Suid-Afrika ons bied vir spys en drank, sielskos en goeie gesondheid.
In praktyk geniet Francette dit om op ‘n “gesondheidsreis” te gaan saam met haar pasiënte. Sy werk by die Zuid-Afrikaans Hospitaal in sentraal Pretoria as deel van die “Obesity Health Centre” span van Dr Thinus Smit. Hierdie mediese span fokus op die behandeling van matige tot erenstige vetsug. Matige vetsug word behandel deur gebruik te maak van leefstylveranderinge en medikasie terwyl metaboliese (bariatriese) chirurgie gebruik word om erenstige vetsug te behandeling sodat gesondheidsprobleme voorkom en behandel kan word. Die fokus van die span is om pasiënte se lewensduur en gesondheidsduur te bevorder.
Francette het ook ‘n groot passie vir vrugbaarheidsvoeding en voeding gedurende swangerskap. Sy het ’n internationale sertifikaat behaal as gesertifiseerde vrugbaarheids- en swangerskapdieetkundige. In haar praktyk stap sy dan ook die gesondheidsreis saam paartjies wat beplan om ‘n gesin te begin en ondersteun vroue gedurende hul swangerskap met die regte voeding vir elke trimester van swangerskap. Die regte voeding in swangerskap help ’n mamma om haar kans tot ‘n gesonde en veilige swangerskap te verbeter en dit speel ‘n ongelooflike groot rol in die toekoms en gesondheid van haar toekomstige babatjie.
Volg Francette se praktyk op Instagram of Facebook by @francettedietitian. Die Kosreis potgooi kan jy volg op Instagram by @Kosreis.
Episodes
8 episodes
Pers strate, groen gewete
In hierdie lente-episode van Kosreis staan Francette stil by die prag van die Jakaranda-seisoen en die groter boodskap wat dit bring - om met sorg en respek teenoor Moeder Aarde te leef. Sy gesels oor besoedeling, plastiek en eenvoudige maniere...
Bloedlemoene - hoe rooier, hoe mooier & gesonder
Bloedlemoene is ’n pragtige sitrusvrug wat jy net vir ’n kort tyd op die rakke kry. In hierdie episode van Kosreis deel Francette Bekker waarom hierdie vrugte meer is as net mooi rooierige lemoene:Wat bloedlemoene uniek maak — van h...
Kosreis 2.0 is hier!
Welkom terug by Kosreis! Ek is Francette Bekker, dieetkundige in Pretoria. Kosreis was lank stil, maar dis nou tyd vir Kosreis 2.0 – verfris, verbreed en vol nuwe energie. In hierdie episode stel ek die nuwe Kosreis bekend en vertel kortliks va...
Mikrogroente - is dit meer as net mooi groen konfetti?
Het jy dalk al gehoor van mikrogroente of dalk het jy al hierdie klein blaartjies op jou bord gevind as ‘n restaurant vir jou kos bedien wat besprinkel is met hierdie groente konfetti?Luister saam om meer te leer oor:D...
Kefirmelk en kefirwater, wat op aarde is dit?
Het jy al gehoor van Kefirmelk en kefirwater? In hierdie episode reis ons bietjie buite die grense van Suid-Afrika om meer te leer van die oorsprong van die sprankelende borreldrankie - kefir. Ek gesels ook oor die gesondheidsvoordele van kefir...
Wat is in Pandora se eierboksie?
Is jy onseker of eiers nou wel gesond is of nie? In hierdie episode maak ek Pandora se eierboksie oop en ek deel ‘n paar lekker eierstories en ‘n paar interessante eierfeite. Studies en inligting waarna verwys word in podsending:
Rooibostee of soos Ouma sou sê "Bossiestee"
My Ouma Toy het 90 jaar oud geword en haar gunsteling warmdrankie was rooibostee of soos sy sou sê “bossiestee”. Luister saam in hierdie episode hoe ek en my gesin met ons padreis per ongeluk in Clanwilliam beland het en toe eers uitgevind het ...