
Kosreis
Kosreis is ‘n gesondheidspotgooi...reis wat aangebied word deur Francette Bekker - ‘n geregistreerde dieetkundige in Pretoria met sowat 18 jaar ondervinding in praktyk. In hierdie potgooi gesels sy oor kos, ons land, die mense, die kultuur, interessante feite en lekker stories oor kos asook oor gesondheid, lewensduur en gesondheidsduur. Wat is die verskil tussen lewensduur en gesondheidsduur? Lewensduur verwys na hoe lank jy leef, terwyl gesondheidsduur verwys na hoe lank jy gesond leef. Luister lekker saam en kyk na die kos op jou bord met 'n nuwe perspektief en waardeer wat moeder aarde, die natuur en ons pragtige land Suid-Afrika ons bied vir spys en drank, sielskos en goeie gesondheid.
In praktyk geniet Francette dit om op ‘n “gesondheidsreis” te gaan saam met haar pasiënte. Sy werk by die Zuid-Afrikaans Hospitaal in sentraal Pretoria as deel van die “Obesity Health Centre” span van Dr Thinus Smit. Hierdie mediese span fokus op die behandeling van matige tot erenstige vetsug. Matige vetsug word behandel deur gebruik te maak van leefstylveranderinge en medikasie terwyl metaboliese (bariatriese) chirurgie gebruik word om erenstige vetsug te behandeling sodat gesondheidsprobleme voorkom en behandel kan word. Die fokus van die span is om pasiënte se lewensduur en gesondheidsduur te bevorder.
Francette het ook ‘n groot passie vir vrugbaarheidsvoeding en voeding gedurende swangerskap. Sy het ’n internationale sertifikaat behaal as gesertifiseerde vrugbaarheids- en swangerskapdieetkundige. In haar praktyk stap sy dan ook die gesondheidsreis saam paartjies wat beplan om ‘n gesin te begin en ondersteun vroue gedurende hul swangerskap met die regte voeding vir elke trimester van swangerskap. Die regte voeding in swangerskap help ’n mamma om haar kans tot ‘n gesonde en veilige swangerskap te verbeter en dit speel ‘n ongelooflike groot rol in die toekoms en gesondheid van haar toekomstige babatjie.
Volg Francette se praktyk op Instagram of Facebook by @francettedietitian. Die Kosreis potgooi kan jy volg op Instagram by @Kosreis.
Kosreis
Mikrogroente - is dit meer as net mooi groen konfetti?
Het jy dalk al gehoor van mikrogroente of dalk het jy al hierdie klein blaartjies op jou bord gevind as ‘n restaurant vir jou kos bedien wat besprinkel is met hierdie groente konfetti?
Luister saam om meer te leer oor:
- Die verskil tussen mikrogroente, spruite en jong groentes
- Mikrogroente se oorsprong
- Die voedingswaarde van mikrogroente teenoor volwasse groentes
- Voordele en nadele van mikrogroente
- Idees om mikrogroente deel van jou dieet te maak.
Volg hierdie skakel vir jou twee gratis feesspyskaarte:
https://view.flodesk.com/pages/639abe4f45d7b73b09eedbd0
Die skakel vir die gratis feesspyskaarte is ook op my Instagramblad @joudigitaledieetkundige
Studies en navorsing waarna verwys word in die episode:
- Sprouts and Microgreens—Novel Food Sources for Healthy Diets
- Microgreen nutrition, food safety, and shelf life
- Nutritional quality and health benefits of microgreens, a crop of modern agriculture
Instagram
@kosreis
Instagram & Facebook
@francettedietitian
Webtuiste
www.francettedietitian.com
E-pos
chatwith@francettedietitian.com