AudreyStories

Kuba 1. Ek vier Fidel Castro se 90e verjaardag-fees in Kuba, op die platteland.

Audrey Nolte Painter Season 1 Episode 1

Send us a text

Op 13e Augustus 2016, vier ek Fidel Castro se 90e verjaardag op die platteland in Kuba. Daar's 'n groot tent, braaivleis en 'n skare mense. Die dorpie: Manaca Iznaga. Dis 'n suikerriet gebied met 1 pad in, 1 uit. Die meeste mense ry met donkiekarre. In Kuba stap mens 50 jaar terug in tyd. Alles lyk en is outyds. Elke huisie is 'n ander kleur -- die plek is 'n fotograaf se droom. Maar -- Kuba laat mens dink. Dis die perfekte voorbeeld van sosialisme/kommunisme en die effek van 'n diktator/leier soos Castro. Wie was hy? Hoekom was hy suksesvol -- en wie is die spioene ("Cederistas") in elke dorp wat vir hom gewerk het...

Support the show